Winterskamp
- leonie
- Aug 11, 2019
- 2 min read
Ons trokkie het 'n baba boetie Trippie gekry en ons het hom na Trekkoskraal geneem vir 'n lekker winterskamp by die see.

Trippie se boot was vol hout gelaai en ons kon 'n lekker kamp vuur aansteek teen die koue

die plek het min kampers die naweek , net hier en daar , so ons het amper heel naweek ons eie privaat strand gehad

Met Trippie kon ons lekker verken terwyl Trokkie die kamp site op pas

die outjie is omtrent sy petrol werd geen bult, of duin was vir hom te veel nie

ek het amper skuldig gevoel oor Trokkie se gerief toe ek die geharde kampers raakloop

dit wil gedoen wees, dit was 'n heerlike naweek van groot kampvure, mossels trap, Trippie ritte en lang stappies op die strand , die son het mooi kop uit gesteek en die wind weg gebly. Soos altyd het Trekkos ons met sy sons ondergang bekoor.

Ons buurman Oom Marius met sy baba Yorkie het kom kamp vir 'n maand dan gaan hy op na Groenrivier, Ooooo hoe wens ek dit was al ons, maar ons beurt sal kom. Sondag oggend word ons wakker met die geluid van reen druppels teen die Trokkie se ruite. Ons haak vir Trippie en vat die pad huistoe. Ons draai af by die Weskus Spens Padstop

Met die intrap slag ruik die plek na Sondag kos, en dan kom Tannie Annemarie uit die kombuis met 'n skinkbord vol warm tuisgebakte pasteie wat sy langs die ry tuisgebakte plaasbrood neersit. Ons maak ons tuis langs die Aga stoof.

en bestel Plaas ontbyte, moerkoffie en stasie koffie met kondensmelk. Die heeltyd kom die lekkerste reuke uit die kombuis, dit ruik soos my ma se huis op 'n Sondag, dit ruik na Bobotie, soetwortels, en gebraaide aartappels. Dit ruik na warm poeding met vla en my maag knor van die honger. Toe die plaas ontbyt met plaasbrood en Perske konfyt, met heel stukke perskes die tafel haal val ons weg al smullend

half pad ge eet is ek al trommel dik, maar daar is nie van ophou eet hier, dis darem te lekker

ek sluk die laaste af met my stasie koffie en kondensmelk, die padstal is vol lekkernye wat moet saam , tuisgemaakte konfyte, kankerbossie tee en kaaskoek vir later. Die oulikste wandelstokke ook een vir almal in die gesin.

Vol ge eet vat ons die Weskuspad huistoe, die verkeer is sommer vroeg oggend al dik en ons draai af by Atlantis om die mooi canola lande by Philadelphia te gaan kyk voor ons die stad in vaar en nog 'n avontuur agter die rug laat.

Comments