top of page
Search

Geure

  • Writer: leonie
    leonie
  • Aug 4, 2023
  • 3 min read

'n Vriendin hou 'n parfuum partytjie vir haar dogter wat verjaar, met groot opwindenheid word ons geleer van essensiale olies, maak jou oê toe se die dame wat die klas gee wat ruik jy?



Mmmm die reuk laat my aan my ouma dink , dis Sitroengras se reuk, ja toemaar ek moes ook die afrikaanse woord vir Lemongrass opsoek, dit is so n bitter sitrus reuk en dit herriner my aan die uitgedroogde lemoenskille wat my ouma altyd by haar gedra het as ons see toe stap, jy sien ouma het 'n slegte gewoonte opgetel toe oupa in die oorlog weg was, rook, en daai tyd was dit 'n groot taboe (oupa was kwaai oor rook en vrouens wat broek dra) so het sy al die jare skelm gerook en gedroogde lemoenskille gekou dat hy nie ruik sy rook nie.


Terwyl ek so toe oê sit en ruik dink ek aan die liedtjie: My nooi is in 'n nartjie my ouma is in kaneel daar is iemand, iemand in anys daar is 'n vrou in elke geur ...,


Toe sy die volgende botteltjie oopmaak is ek terug gevoer na my kinder dae Laventil vat my dadelik terug na Aandblom straat , waar ek as kind in die strate gespeel het en altyd as jy honger in hardloop by die huis verby ma se groot Laventil bos vang die reuk jou onder jou neus, die reuk van Laventil sal my altyd warm en tuis laat voel al is ek alergies daarvoor


Die reuk van Vanilla vat my terug na die lang somersdae by Melkbaai in die Strand, as jy met 'n mond wat na sout proe uit daai rowwe branders stap wat jou tuimel en uitspoeg is daar niks lekkerder as 'n lang vanilla draai roomys nie


Met die reuk van Roosmaryn is ek in my tannie se kombuis in die strand en al die vroue is besig in die kombuis, ouma, ma, ma se susters besig om hoenderpasteie, gamon en skaapboud met roosmaryn te maak vir more se groot maal want dit is oukersdag.


Met eens is ek op die speelgrond by Hoêrskool Brackenfell en Arno met sy donker hare en smeulende oê stap in my rigting, vinnig druk ek 'n Peppermint in my mond ingeval hy my raak sien en met my praat, met lam kniee en sterre in my oê voel ek die vlinders in my maag vlieg.


Skielik word ek weer weg gevoer na my studente dae, toe ek uitstap by die restaurant waar ek deeltyds gewerk het en daar staan Lourens met die mooiste bos Rose, sommer omdat die mooi van die blomme my aan jou laat dink het sê hy, en daai glimlag smelt my beste verweer


al die lawwe herrineringe bring my terug na die veld , ek en my man stap graag roetes in die berg, by die see enige plek in die veld vroeg oggend en ruik net die skoon van die natuur, die Ecalyptus laat my dink aan daai oggend son wat wil wil kop uit steek ter wyl ons so loop en die veld se reuke ons bekoor


en net daar wil ek al die geure in my parfuum meng , maar gelukig leer Marinda ons van Top notes en Middel notes en Base notes laat ek nie soos 'n stink afrikaner ruik as ek daar uitstap nie. Om 'n lekker geur te ruik is ontasbaar maar ook onvergeetlik.. So maak toe jou oê en laat jou so bietjie aan jou neus lei daar wag dalk 'n hele spul nostalgie op jou.











 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page