Mosi-oa-Tunya
- leonie
- Jul 20, 2023
- 3 min read
Ons moet 7.30 die busie vat na Zimbabwe die opgewondenheid is groot want vandag sien ons: The smoke that thunders soos die Sotho mense praat, voor die European Linvingston dit kom vernoem het was die magteige waters reeds vernoem na Mosi-oa-Tunya , 'n plaaslike inwoner vertel my dit is omdat die oumense geglo het daar is 'n groot slang in die water wat die rook so uit die water laat opkom.
Mosi-oa-Tunya has Soul Stirring Power, Breath taking beauty and Life elevating majesty!

Ons het gemaklike skoene aan en alhoewel meeste mense reenjasse huur buite die hekke, dink ek Wes ag wat is 'n bietjie sproei nou ons sal mos weer droog raak, daar is 14 uitkyk punte en ons begin by no een

Die eerste uit kyk punt kyk oor die Devils Cataract Falls wat 'n hoogte van 70 meter het en 'n wydte van 30 dit val uit oor Cataract Island wat ook as die Three Rills Cliffs bekend staan die plaaslike Kololo tribes het die eilande gebruik om hulle kulturele rituele en danse op te doen waneer dit laagwater is, maar dit is nou hoogwater en die valle pruik vir ons in volle glorie

en daar by punt no 2 vind ek my reenboog, die een waarna ek en Karen Zoid al die hele trip oor saam sing

hy skuil agter 'n boom reg oor die valle en hy bring 'n glimlag na my gesig, vrede oor my siel want wie weet wat sien ek volgende dalk tog daai meermin Ons beweeg aan na die derde uitkyk punt. Hier het ons 'n meer direkte uitsig oor die Devils Cataract en terwyl dit hoog water is sal die eiland onder water wees, Op die eiland is daar nog 'n lyn aan die Zambia kant wat die water uit kalf wat nog 'n val in die valle gaan skep die proses vat 1 miljoen jaar om te gebeur, sjoe moeder aarde is darem geduldig ek kan by haar leer

die magtige gedruis van die valle is oorverdowend en die stoom raak digter ons begin al die sproei van die valle op ons arms en gesigte voel

ons wandel voort en om elke groen draai bou die opwindenheid

by elke uitkyk punt begin die water bietjie harder op ons reen

Ons maak dit tot by no 8 Bridge View en Boiling Pot

en soms bly ons bietjie langer in di paaidtjies wat lei tot die valle net omdat dit droog is



maar dan roep die bekoring van die valle ons weer terug

dit begin voel soos 'n nat wintersdag maar ek en wes kan nie ophou die water was als weg al die moeilik van die jaar wat verby is , ek dink ons moet die Mosi-oa-Tunya besoek 'n jaarlikse instelling maak want dit is asof ek jonger en meer energiek voel met elke uitkyk punt, ons druk deur tot by no 14 en stap salig terug met die agterpaaidtjies om vir ons toer groep te wag by die ingang

die valle is 'n wonderlike ondervinding en sien ons verseker weer, terwyl ons vir ons bussie wag let ek manne met fietse wat oor die Zambia brug na Zimbabwe aangery kom en weer ander oppad terug , die fietse hoog gestapel met goed


Ons toergids vertel my dit is die plaaslike boere van Zambie wat hulle produkte in Zimbabwe kom verkwansel , die stukkie dorp buite die valle is vol aktiwiteite soos elke plaaslike outjie iets verkwansel aan die toeriste om te oorleef, maar Zimbabwe werk met dollars so vir ons Suid Afrikaners raak dit duur en ons besluit liewer om die avontuur te geniet as dinge te versamel ons gids neem ons na 'n plaaslike restaurant waar ons heerlik eet en natuurlik die plaaslike bier proe

die dag is te vinnig verby en ons vat weer die bussie oor die grens terug na Kasane ons het ongelooflike herrineringe geskep maar ons toer in Botswana is nog nie verby en sit hom more weer voort

Comments