top of page
Search

Hogsback

  • Writer: leonie
    leonie
  • Jul 25, 2023
  • 4 min read

Ons vertrek uit Kasane na die Nxai Panne toe ons eers van die teer pad af is vleg die grondpad tussen plaaslike boere se grond deur


so skud skud swerf ons vir ure tot ons by panne aankom in die manne kan help om bietjie op die panne te speel nie


maar die mooi van die wereld sak toe as dit donker word, Ek het sterre laas so mooi beleef in Sutherland


photo credit to Dusty Roads SA

ons vat weer die pad die volgende oggend na Gaberone waar ons by vriende van Vicky en Jacques aan huis gaan, die ontvangs in Gaberone is ongelooflik die manne kan nie ophou praat oor die heerlike Rooibok boud en pampoenkoekies wat Linda voorsit nie, so salig kom ons kuier in Botswana tot 'n einde en groepie groet, ek en Wes het nog tyd en besluit om Botswana by die Kopfontein grens pos , gewoonlik as ek Tafelberg sien voel ek , ek is nou tuis, maar die slag werk die Welkom by Suid Afrika bordtjie vir my


Ons besluit ons gaan in Bloemfontein oornag, en soos ons die Vaalrivier oory en die bortjie se Welcome to the Free State val die bakkie amper heeltemal in 'n pothole , ons moet op die skouer van die pad ry en my man moet sy 4x4 koppel om die stuk pad te kan ry, ek sien bordtjies vir Hopetown en Hoop maar die pad word beter maar so skud en ruk en dodge ons potholes vir die volgende 30 km


In Bloefontein vertel ek vir Wes dat ek iewers gelees het dat JR Tolken gebore was in daar aan twee Britse ouers en dat hulle beweer hy het vakansies in die ooskaap gehou in Hogsback en dat dit is waar hy inspirasie gekry het om The Hobbit te skryf ons besluit opslag om Hogsback te gaan soek , ons vetrek vroeg die more in die rigting van die Ooskaap en ry deur klomp klein dorpies stop hier en daar vir vars gebakte pannekoek en net om die mooi om ons te waardeer, die N6 is 'n netjiese pad en die wiele rol glad, Ons ry die Ooskaap binne en die GPS vat ons deur Queenstown ons sien baie intresante maniere om ganse te vervoer


ek hoop hulle is mak, want ek kan onthou hoe seer 'n gans kan pik uit kleintyd op die plaas.

Die pad lei ons na die mooiste stof paaidtjie tussen plase deur

ek wonder hoe die droe wereld woude gaan oplewer wat soos Middle earth lyk maar met positiewe denke beur ons voort, ons besluit as Hogsback 'n klein plekkie sonder verblyf is , is hier darem baie aftrek plek onder groot bome waar ons veilig kan kampeer vir die nag, na so 'n 45 min se grondpaaie oor stroompies en tussen plasse deur sien ons weer 'n bordtjie


die pad sak af in 'n vallei en die mooiste mooi ontvou voor ons oe


Die dorpie links en regs van ons is 'n ontdekking duisend, ons stop eerste by die kerkie





wat 'n fees vir die oog, en daar is 'n kennis gewing dat almal welkom is vir dienste op 'n sondag, ons ry verder en orals in die dorpie daar restaurantjies, gaste huise , klein besighede dit is die bekoorlikste plek , ons boek in by Away with the Fairies en kry 'n pragtige staanplek tussen bome




net hierdie kampplek alleen bied so baie om te doen ons besef dadelik ons gaan meer as een nag hier spandeer, ons verken die kamp so bietjie en sien hier is wandelpaaidtjies , hikingtrails, 'n bad ingebou in die berg wat jy kan bespreek en gebruik terwyl jy uitkyk oor die vallei 'n pragtige sanctuary waar jy kan gaan vir couples massage, 'n restaurant met lekker vuurherd want dit is koud hier en almal se die sneeu kom more baie opgewonde








Ons bespreek vir nog 'n aand want hier is te veel avonture wat op ons wag, ons kom te hore van die Hogsback Winter Quest en koop 'n kaartjie ons kry 'n padkaart en gaan op soek na al die plekke gemerk en by elke plek kry jy 'n vraag om te antwoord en photo om te neem dit is 'n baie oulike manier om die dorp te ontdek dit neem ons na die dorp se broodbakker, heerlike hotchoclate, watervalle en vele meer





Na ons skattejag en couples massage gaan eet ons lekker pizza by die restaurant in ons kamp en almal wat inkom om by die vuur te sit se dit het begin sneeu, Ons slaap nog steeds warm in ons daktent want die sneeu val nie so laag soos ons kamp nie maar op die drie Hogs soos die plaaslike mense dit noem




Na twee dae in Hogsback besef ons ons sal moet aanbeweeg huistoe , ons vertrek met 'n swaer hart ons gaan verseker weer hier kom kuier hier is nog so baie om te sien en te beleef

Wesley besluit om deur Addo Olifantpark te ry na ons volgende bestemming, die park is groen en ons sien die mooiste diere







dit vat ons amper die hele dag om deur die park te ry en toe ons by 5 uur uitkom aan die ander kant is Port Elizabeth die naaste vir slaapplek, dit voel onrustig om terug te wees in so 'n groot stad en ons besluit om die volgende oggend weer binneland toe te skiet deur die baviaanskloof Ons kom deur Uniondale en ry die Baviaanskloof binne





Ek kry nie die mooi van die kloof vasgevang op photos nie, ons boek in by die Makadaan Grotte die nag is bitter koud en ons maak vuur in die Jetmaster en al wat ons het om ons warm te hou is die rum wat wes by 'n padstal gekoop het, ek hou nie van rum nie maar dit werk








dit is 'n koue maar heerlike ondervinding om in die grotte te slaap en toe ons wakker word is ons vooruit van die bakkie toe ge ys, en net daar besluit ons dit is nou tyd om huistoe te gaan en ons le die laaste 670 km af huistoe vandag sien ons ons mense en katte en al was die vakansie ongelooflik is huistoe gaan ook lekker














 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page