top of page
Search

Toeka se dae

  • Writer: leonie
    leonie
  • Feb 24, 2020
  • 9 min read

Daar is darem niks so lekker soos nostalgie nie, Partykeer vang dit jou onkant dit kan die reuk van boegoe in die veld wees wat jou terugvoer na jou kinderjare toe, toe jy en jou broer die bokke moes loop tel in die kamp net 'n entjie van julle huisie teen die hange van die Sederberge. Skielik ontvlug jy jou lyf met jou kierie en jy hardloop sorgloos in jou veldskoene deur die langgras verby die akker bome om eerste vir jou van die vars vye te pluk, jy pluk sommer 20 en skil almal eers af jy en boeta Joepie prop hulle so heel in julle monde. Die son begin deursteek tussen die dennebome langs die vars water stroom en julle moet julle wikkel om te loop tel of die luiperd weer vannag kom bokke vang het.


Julle hardloop verby die tabak lande op teen die steilte van die berg en jy vertel vir boeta Joepie dat oom Gert jou mos laasnag genooi het om by Sannie te kom kers opsit, daar op die stoep, na oom Gert loop lê het, het jy toe nou so met min woorde maar onderlangs na Sannie sit en loer. Toe vra sy mos wil jy 'n sigaret he, jy se toe maar ja want jy wil nou nie soos 'n bog kind sit en lyk nie, sy steek hom vir jou aan , jy is maar te bly want jy was allegaval nie seker hoe nie. Jy trek so lekker diep trek in jou keel af, dit voel of jou longe wil bars dit brand jy hoes en proes vir asem , Sannie sit lag vir jou, jy voel hoe raak jou wange bloedrooi, maar Sannie gee vir jou 'n glas water en skuif nader om te kyk of jy ok is. Met Sannie so naby is jy heel oraait.


Kom sê Joepie moenie so dagdroom nie die bokke gaan nie hulle self tel nie.



So vat Joepie Burger en boeta Jan Burger en Jan se seun Andre Burger ons op n' 4x4 roete deur die Sederberge waar die voetspore van hulle kinderjare le in die gedagtes van hulle geheue.


Ons is genooi vir die Danie Burger 4x4 naweek by Die Gatjie Boskamp in Citrusdal.




Die naweek is gereel ter herrinering van geliefdes wat aan die dood afgestaan is, Ons het so bietjie minder as 'n jaar gelede saam met die swart skape hier by Die gatjie Boskamp kom kamp en oudergewoonte het Buks en Linda ons sommer gou soos famillie laat voel. Hulle seun Jay-Dee Burger so jonk en vol lewenslus het die naweek saam ons getoer deur die berge terwyl Buks ons vertel van al die veld plante en staaltjies van toeka se dae, maar skaars 'n maand en 'n bietjie na daardie kamp is hy oorlede in 'n ongeluk by die werk. Ons het met gemengde gevoelens die uitnodiging aanvaar vir die kamp ter herrinering van geliefdes wat die famillie aan die dood afgestaan het, mens voel mos nie alldag om jou tussen die seer van 'n ander se gedagtes te kom indruk nie, maar ek is baie bly ons het, want om in die onthou van die Burgers te deel was kosbaar en onvergeetlik.



Jay-Dee Burger het so lekker model gespeel vir my by ons vorige kamp.


Die Gatjie Boskamp is altyd 'n plekkie van lafenis, so 24 km buite Citrusdal le hy skuins links, as jy oor die eerste hupstoot van die grondpad ry vergeet jy van jou besige lewe in die stad en soek jy 'n lekker koelte kol om kamp op te slaan, die naweek val mooi saam met Wes se verjaarsdag en ons nooi 'n paar vriende en famillie om die naweek met ons te deel.



Annemarie en Willie se bosvarkie is al opgeslaan toe ons die kamp binnekom. Almal skrop nes en maak hulle self gemaklik op die werf, daar is 'n heerlike portapool wat lafenis bied in die namidag son en die vure word hoog aangesteek voor die lapa.






daar word gebraai, en gesels , jolig gekuier tot almal die stadslewe afskud om tog net 'n slag in die natuur te ontspan, die kinders, honde en grootmense opgewonde oor die 4x4 roete van more.


Vroeg saterdag oggend trek al die manne hulle voertuie in konfooi





Spliffie en Buks lei die 12 voertuie en plus minus 40 mense die berge in.



die paaidtjie kronkel die berg uit en plek plek voel ek my hoogtevrees nader kruip, maar die lus vir avontuur oorheers die oggend. Op 'n kol stop ons dat oom Joepie ons eers bietjie meer oor die kontrei se geskiedenis kan vertel , sy famillie boer al oor die 100 jaar hier en hy vertel van die tyd voor 1958 wat die nou teerpad tot by Clainwilliam gebou was , hy praat van die tyd toe jy moes grondpad ry van Citrusdal tot by Malmesbury en van daar cement pad tot in die Kaap, Met jou vrag lemoene bestem vir uitvoer het jy so 29 myl per uur die pad aangevat en dit jou so 5ure geneem tot in die Kaap. Daai lemoene is dan gelaai op skepe vir uitvoer en jy moes maar hoop en bid jou vrugte maak dit en raak nie vrot voor dit sy bestemming haal nie, sodat jy darem betaal word, maar meeste tyd daar in die begin onthou oom Joepie het die uitlanders ons boere verneuk en as jy so sit en wag vir jou geld om van ver te kom dan kry jy mos 'n rekening vir die vrot vrag wat kwansuis die ander kant gehaal het. Die boere moes toe maar plan beraam en met elke vrag het 'n boer die vrugte vergesel. Daar word gepraat van 'n Lemoen boom in Hexrivier vallei wat oor die 300 jaar oud is, hy dra sulke klein soet lemoene, Lemoenbome raak gewoonlik ouer as mense, oooo as bome darem kon praat sou ons seker lekker stories hoor. Dalk van die keer toe Oom Jan se pa ou Oom Jan besluit het die lewe sal malkiker wees as hy donkies kry om die boegoe te help afbring van die berg af al die tyd wat 'n man kan spaar is mooi bereken en toe die somme optel toe skaf hy vir hom 4 donkies aan Jan en Joep vat die donkies berg uit maar te bly dat hulle nie self die vrag boegoe berg af hoef te dra nie, daar was nog 'n oom wat toe hoor van die besigheid en hy bied aan dat sy donkie wat die berg so goed ken al kan saamstap, Ou oom Jan sien dat dit 'n blink plan kan wees om 'n ervare donkie saam te stuur, Die donkie is mos toe al slim gestap in die berg en sy beur voor uit met al die donkies teen berg paaie wat nuut is vir Joep en Jan, die sweet tap teen Jan se voorkop af die donkies beur hardkoppig voort tot die son al hoog sit en Jan skreeu vir boeta Joep om te loop keer daarvoor die merrie sit vir hulle ore aan, lang der laas het hulle die donkies berg uit en gelaai met boegoe om net weer die tog terug dorp toe aangepak, Nooit weer was daai donkie saam hulle die berg uit nie, want so van 'n gejaaery agter 'n merrie aan is darem net te erg.




Op die eerste stop punt kan jy in die verte van die ou Reigrivier sien van Porterville to by Vanryhnsdorp die konfooi beur voort want ons is nog nie heelbo.


Die manne geniet die geleentheid om hulle voertuie en vernuf te toets



Sommige is sommer 'n ou hand en ken hulle storie



ander ry die berg uit of dit 'n teerpad is nooit eers nodig gehad om hulle wiele af te blaas nie



Heelbo op die uitkyk punt bo die kamp plek stop ons weer en Oom Jan bedye daar vir Annemarie oor die goeie ou dae



Almal is opgewonde om oor die vertes uit te staar


Oud en jonk wil fotos neem


hier heel bo op die berg tussen die natuur voel mens nader aan jou skepper en kan jy nie help om jou mense te waardeer


jy hou hulle so bietjie stywer vas


kyk so bietjie dieper in hul oe


dis hier waar jy weet wat regtig saak maak in die lewe dit is nie wat jy vir jou kinders gee of koop maar wat jy hulle wys, die tyd en plekke wat jy met hulle deel


die pret van kind wees


maak nie saak waar die ouderdom le nie


die gevoel dat jy nou tuis is


hier in die veld waar jy na harte lus kan verken


hier waar die seisoene van die lewe jou jong meisie drome vrye teuls gee


en jy herrineringe bou saam jou pa



Buks leer ons weer baie van die veld vandag , die afvee bossie wat jy kan pluk in tye van nood



en wie sou kon raai dat die vaal beetroot bos se stingels



die verfkwas van boesmans en hulle grot sketse was



ons pak die pad aan maar hier verdeel hy in graad 3 en graad 5 4x4 kundige ritte , as jy jou storie ken en nie 'n bang vrou in jou voertuig het nie dan vat jy die graad 5 , maar as die storie verteller se oulike man is dan kyk jy maar verlangend die gelukige voertuie agterna en ry die graad 3 pad, Nie te min het die roete nog vele angsjaande tye opgelewer waar jy teen 'n baie steil roete die berg moes ander kant af om by die Veepos lafenis in die koelte te soek.


ons almal kom veilig onder by die veepos aan, hier tussen die klowe langs 'n kabelende riviertjie le 'n magdom herrineringe, Oom Jan se pa Ou Oom Jan le hier op sy plaas begrawe, hier waar hy sy hande knoppe gewerk het, sy kinders groot gemaak het en drome gedroom het vir hulle, hier staan sy seuns Joepie en Jan en kleinseun Andre by sy rusplek.




Hier waar die dorpsmense sondae na uitgery het met die stofpad oor die berge om te kom piekniek, en dan koffie en suiker uit die dorp gebring het hier waar mens nie kan glo daar bestaan 'n besige stadslewe vol veeleisende beroepe en demands nie hier onder die koelte van groot Akker en Dennebome trek ons in vir midagete soos van ouds word die vure aangesteek



Gert en Dawie het saamgekom want hulle ken ook die berge soos die palm van hulle hand , fluks steek hulle vir ons die vure aan laat ons 'n worsie kan braai, hier het hulle ook grootgeword en kom bly nou nog in die week om boegoe te pluk wat moet dorp toe, hulle bring sommer hulle kooi goed en slaap onder die bome, is julle dan nie bang vir die luiperd hier diep in die berg nie, nee ounooi se Gert daai luiperd hy is banger vir ons as ons vir hom, hy steek sy lyf weg hier in die berg ons hoor vir hom in die nag maar hy steek sy lyf weg.


Gert en Dawie het heelmiddag loop en pluk aan die bossies om grasbesempies te maak



Oom Jan stap na sy ouma se huis, of te min die ruïne wat daarvan oor is, sy oë raak helder van die onthou, hier net hier het ouma vuur gemaak en altyd die vleis in die pan gebraai, die vet moes nie mors in die vuur nie, dit was die heel week se smeergoed vir die brood. As ek van my ma se huis af gehardloop het na ouma toe het my Vellies nat geraak in die lang gras, dan trek ek hulle uit hier by ouma se kaggel en bak hulle droog dat hulle so stok styf staan.


Hier sit Andre Burger by die voordeur van sy ouma grotjie se huis. Net so 'n entjie aan staan die ou varkhok , nie te lank terug het Sutu mense hulle intrek hier geneem en met take en gras 'n dak gebou en binne in twee hooi beddens en 'n vuurmaak plek.


Ons stap op met die heuwel na Andre se oorle ouma en oupa se huis teen die wal, net bo die kampe.


die huis het nog sy dak en vier mure van klei bakstene en klip, binne is dit ook 'n eenvoudige een vertrek woning geskei deur 'n half hoogte muur. Mens kan nie help om te dink dat die oumense 'n beter begrip gehad het oor wat mens werklik nodig het in die lewe en wat nie. Onder die koelte bome langs die midagete vure baljaar oud en jonk.


almal vind lafenis



onder die groot koelte bome


en die meer gewaagd dip hulle voete in die stroom


want op so n warm dag is enige water genoeg





om in af tekoel


van ons sit rustig en ander wag vir middagete


maar so kuier ons almal die middag deur


want by die stroompie in die kloof daal die rustigheid neer


en almal baljaar na harte lus




kort voor lank is dit omdraai tyd en die styl berg moet weer uitgery word


terug by die kamp is die spit al aan die gang


en die manne was yster vandag


soos die son sak word die vure hoog aangesteek


en stadig kom jy terug na die werklikheid maar hier by die gasvrye Burgers van Citrusdal word jy eers soos van ouds ordertlik gevoer voor jy Sondag weer die pad mag vat, die oorskiet spit, bakbrood en korrelkonfyt is eers opgedien as ontbyt voor daar gegroet is.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page