top of page
Search

Suidkus

  • Writer: leonie
    leonie
  • Jan 8, 2019
  • 2 min read

Oudtshoorn se hitte dryf ons na die kuslyn die kortste roete skop ons uit in George


die verkeer is dik en George is 'n stad, na die rustige binneland voel ek of ons volstoom in een van China se besigste stede in gery het. Ons kry 'n kamp plek wat 3 km weg is van die see, maar jy kan nie soontoe loop nie want dit lyk of jy dit N2 langs moet doen en die verkeer is besig. Die karavaan park George Country resort was die duurste staanplek nog, en al wat jy kry is 'n stuk gras, die kampe voel ingeprop op mekaar en geen braai, daar is 'n gemeenskaplike braai by die swembad so as jy nie naby die swembad kamp moet jy maar als soontoe dra, die ablusie is skoon maar daar is geen toiletpapier en die kennisgewing wat se hou dit skoon is sommer so onwelkom geskryf.


Ek sal glad nie die plek aanbeveel nie, ons vertrek vroeg die volgende oggend opsoek na 'n rustige kusdorpie en draai die wiele in die rigting van Witsand


Ons boek in by die munisipale kamp en ja hier is ook nie 'n braai by jou staanplek maar die baie meer vriendelike werknemers reel vinnig vir jou een. Ons pak af en sit die pad af see toe, o wee as jy nog nie in Witsand se branders "gebody" surf het nie sit dit op jou bucket list, dit is lekker warm water, en jy moet redelik diep in swem maar dis so lekker. En as jy eers die duin oor is huistoe kan jy nie help om honger te wees nie.


ek en my man het hom vroeg een oggend uitgeklouter en ander kant afgerol soos twee stout kinders. Ons besluit toe ook om die 3km na hulle markie te stap, die markie is vol oorspronklike tuisgemaakte goed, ek kon lekker snuffel en so paar kers inkopies van my lys afhaal hier.


die dorpie is skilder mooi met die pragtige duine, see en historiese geboue


en na 'n paar dae moet ons weer die pad vat, ons kry uiteindelik 'n lekker stofpad om te ry


o waar onbekende paaie mens darem kan neem dis altyd so opwindend, hierdie een het ons tot by die pont in malgas geneem


Ons het eers gewik en geweeg want die trokkie is nie klein nie, en die vlot lyk of hy al hard gewerk het


maar pappa se die trok weeg net 6 ton ons beur voort


die pont dra ons veilig oor die breërivier. En ons sit die avontuur voort...


ons kom by die mees Suid ste punt van Afrika en boek in by Agulhas


die karavaan park is reg langs die strand en daar is heerlike poele om in te swem


dis 'n pragtige kusdorpie



jy voel of die lig huis wag staan oor die kus in al sy glorie


en mens kan darem nie al die pad kom en die mees

besoek nie, 'n magical plek waar selfs tieners weer hulle nukke laat staan en regstaan vir fotos saam met hulle pa.


ons vakansie is eers verby maar ons kom weer teen die kus op daar is darem so baie om nog te verken.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page