top of page
Search

Straat Kuns in Kaapstad

  • Writer: leonie
    leonie
  • Dec 29, 2019
  • 2 min read

Ek dryg al lankal om die straat kuns in Kaapstad te gaan soek, ek doen eers my huiswerk op die internet en kry 'n paar straatname om in te gaan soek, dit lyk my meestal kom dit voor in Observatory , Woodstock en Bo-Kaap , my dogter en haar vriendin stem in om saam te gaan en modelle te speel en baie opgewonde vat ons die pad stad toe. En net daar in Observatory hoog teen 'n gebou vind ons die eerste een. So mooi van 'n Pappa wat sy kind hoog oplig, soos enige pappa is sy drome groot vir hom, hoog in die wolke.




Die strate is stil op 'n Sondag oggend, hier en daar kom 'n antie uit haar huis reg vir kerk. Hier en daar krap 'n boemelaar in 'n drom. Die muur kuns spreek van drome, politiek en leefstyl en hier is baie te vind.



Die strate hier is verwaarloos en die geboue al oud maar die kuns helder die omgewing op amper jy voel dis hoop wat vlam vat in die gemeenskap



ons verlaat Observatory en ry na die Old Biscuit Mall in Woodstock, hy is toe op 'n sondag maar mens kan nog by die Straatkuns uitkom. Die strate hier is nog stiller en dalk nie die veiligste plek om met jou kamera rond te loop nie, as julle so iets wil gaan doen stel ek voor gaan in 'n groep of met een van die toere.



die detail in elke kunswerk is ongelooflik, ek lees op oor die kunstenaars soos Falko One, The Bushman, Imraan Christiaan, Jack Fox, Mark1one om net 'n paar te noem. My pa het altyd gese as 'n volk se taal of kultuur bedreig word, kan jy die ongelooflike oorlog in kunste beleef, sangers wat sing vir hulle land, digters wat dig, en straat kunstenaars wat skilder wat 'n fantastiese tyd om in te leef, en deel te wees van die ontploffing van Straatkuns in Kaapstad



Die Old Mill Mall se mure bekoor:


die winkeltjies lyk ook interesant ons sal weer moet kom as hulle oop is


Ons vat weer die pad op soek na Herkules straat maar vind so baie oppad.


die strate is versier met kunswerke links en regs


dis omtrent 'n fees vir die oog



so lekker om 'n bekende gesig te sien pronk


ons draai op in Hercules straat



ek was bekomerd ek gaan nie genoeg vind nie, maar jy kan net in Woodstock alleen jou SD kaart vol maak, die kunste is 'n belewenis.


van kaapse klopse na timbatoe strek die kleure vooruit in die straat


ons verwonder ons aan al die mooi



'n laaste inloer in Woodstock se gallery voor ons die pad vat na die Bo=Kaap




hier kom ons 'n toer groep tee wat lyk na intresante opsie vir volgende keer, want die toer leier is vol intresante feite oor die kunstenaars





Ons skiet vir die Bo-Kaap en die keer nie vir die gekleurde argitektuur nie maar die Straat-Kuns


en soos altyd stel die Bo-Kaap nie teleur


wat 'n dag en dit voel of ons nog net die helfte gesien het. Ons gaan defnitief weer so 'n toer aanpak, deel gerus met ons foto's van die Straa-Kuns wat julle raakloop.

 
 
 

Recent Posts

See All

Kommentit


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page