top of page
Search

Shhhh luister mooi, dan vertel ek jou van iets baie mooi, die mooiste geheim van Tulbagh....

  • Writer: leonie
    leonie
  • Sep 15, 2019
  • 2 min read

Vir die ontdekking moes ons die tent in die Toyota laai, want al is ons trokkie 'n goeie bergklimmer het hy ook sy beperkings. Die Isuzu swart skaap klub het ons gaan voorstel aan die mooiste plek in Tulbagh, vir die van julle wat al in Tulbagh was behoort te weet die standaard vir mooi plekkies is hoog daar want die dorpie is immers die dorp van Paddavlei straat en as jy in Kerk straat af wandel en al die mooi ou Duits Hollandse huise bewonder weet jy nie eers van die skatte wat die dorp in sy berge weg steek nie. Ons is gelukkig om nog daglig deur die dorp te ry die aanwysings is vir anderkant die dorp links af op 'n grondpad...




Met die 4x4 roete na bo kon Wesley weer lekker sy vernuf toets deur die modder en oor klippe, die pad word definitief nie vir voertuie aanbeveel sonder 4x4 en lae bestek vermoë nie. Met my man in sy element is die 20 min paadjie amper te kort tot by die kamp.


Woorde en photos kan nie die gevoel beskryf as jy op jou kamp plek optrek en Tulbagh se plase met hulle dame, en die mooi blou berge strek voor jou uit, dis hier waar jy voel jy kan op 'n groot klip gaan sit, nonchalant voet swaaiend oor die afgrond van die lewe met 'n goeie glas rooiwyn in jou hand.


Vrydag aand was maar koud en die vure word hoog aangesteek soos almal aankom daar is altesaam 10 kampeerplekke elkeen privaat maar deel van die geheel. Jy bespreek ook die plek in ''n groep en om saam met die swartskape te kom uitspan is altyd vol pret en avontuur.



Soos die donker toesak hoor jy die bobbejane in die berg, die ablusies is regtig mooi, en die storte het glas vensters van jou skouers af op sodat jy selfs dan die uitsig kan waardeer. Hier is heelwat wandelpaadjies, daar is een wat 'n kort maar styl stap is na die watervalle, en vir die fikser meer gewaagde een wat blykbaar vir Leeukop kan aanvat as sy gelyke.



Die Saterdag gaan amper te vinnig verby, tussen wandelroetes en swem in die rots swembad raak 'n mens honger en die middag word die vure weer aangesteek vir 'n lekker vleisie op die kole, ons het onlangs op 'n baie lekker basting met gat skop sin vir humor afgekom


Mamma gooi die oorspronklike en Pappa is mos 'n peri peri man, ons bederf vandag ons vleisie behoorlik



Wesley sê :" die moer op als sousie" is nou op die "can't do without" kamp lys. Die sousie smaak mos na nog, en laat 'n man se lippe sing. Van die kampers het besluit om te gaan wyn proe in die vallei en ek is vas oortuig die mans het dit net gedoen om nog 'n geleentheid te kry om die berg weer uit te ry. Ander van ons het wortel geskied en net die saligheid en natuurskoon om ons geniet.


Sondag breek te vinnig aan dit is genoeg om die honde te maak huil

in die mooi omgewing kan sommige nie help Yoga oefeninge te doen en een te voel met die natuur



en ander waardeer net die uitsig


en so kom 'n wonderlike naweek tot sy einde...



 
 
 

Recent Posts

See All

Comentários


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page