Scheppie Saus
- leonie
- Dec 11, 2018
- 2 min read
As jy die afdraai van die N7 vat na die R365 en jy by Eendekuil verby kom raak die opwinding groot want ons is op pad na Scheppie Saus wat heerlik geleë is tussen die Moutonhoeks berge die kinders sien uit na die swembad, mamma na 'n lekker stoel in die koelte van een van die 100 jaar oue Akkerbome met 'n lekker tydskrif of leesboek. Selfs Pappa lyk opgewonde want hy wil die 4x4 roete aandurf waarvan hy al so lank hoor.

net 'n entjie in die pad af sien ons die bordjie

dit is altyd vir my ekstra lekker as die wiele die stofpad tref

ons kom by die kampplek met sy lekker groen grasperke en oorgenoeg koelte bome almal moet eers help kamp afslaan maar die swembad roep ons nader

die vuurtjie word aangesteek ons hoor Danie kan geboek word vir funksies en 'n lekker potjie kos , hy is blykbaar die kontrei se potjiekos koning, ons sal moet terugkom om dit te probeer.
Die manne gesels opgewonde oor die 4x4 roete wat 'n graad 4 is en dus 'n lekker uitdaging, dis tussen berg en dale, en die manne kan nie wag om te wys wat hulle voertuie kan doen nie , maar die berg is nie elke Jan raap en sy maat se speelplek nie.

Die Saterdag oggend vroeg word daar eers ge koukus oor die roete met 'n koue verversing. Ek besluit om liewers die hiking trail en swempoele uit te probeer

O moeder natuur het haar mooiste rok aan vanoggend , hy blink ekstra in al sy skakerings van groen, en dan bederf sy jou met die heerlikste afkoel poele waar jy jou moeë voete kan lafenis gee.

die staproete is 'n wonderlike plek om rus vir jou siel te vind

en het baie lekker swemgate

die manne keer terug vol stories van hoe hulle die Moutonshoek berge baas geraak het met hulle wondertuie en die kampvure word aangesteek. Daar is 'n pragtige klei huisie wat die mooiste fotos maak

ons kon nie help om die gebreekte mure as 'n raampie om die fotos te gebruik nie. Die vure brand al hoër en die aand raak gesellig. Met die klank van die natuur sus ons aan die slaap en vroeg oggend word daar ontbyt gemaak.

Die laaste dag word lekker in die swembad deurgebring en ons pak maar moeilik op. Ons kom beslis gou weer en bly sommer 'n bietjie langer want die geselligheid van Scheppie Saus laat jou voel of jy om die kombuis tafel in jou ma se huis kuier en jou tuisgebakte beskuit in jou moerkoffie dip.
Opmerkingen