top of page
Search

Route 62

  • Writer: leonie
    leonie
  • Dec 29, 2018
  • 3 min read

Ons vat die pad vir 'n paar dae, ons het niks vooruit bespreek. Hierdie roadtrip gaan ons vat net waar dit interessant lyk, ons ry in die rigting van die bekende Route 62 baie opgewonde om die welbekende roete vir die eerste keer te verken. Die trokkie se wiele suis deur Worcester, Robertson en toe ons die ou engelse Fort nader wil ons amper koes want ons raak nog gewoond aan ons trokkie se hoogte

gelukkig pas ons deur maar nie voor ons die lawwigheid op die bordjie oplet nie



maar die engelse en hulle winderigheid agtergelaat sit ons die pas voort, om Barrydale in te ry is 'n fees vir die oog, daar is winkeltjies oral langs die pad en ons moet net eers stop om te gaan snuffel.



die meisies loer in by the Bee Things vir iets soet


met so baie om van te kies en te keur, hier is enig iets waarna jou hart begeer , lekker kos, klere , maar my gunsteling is mos altyd die snuisterye winkeltjies


hier vul ons aan op sonhoede en swembroek wraps en geniet die kunstige hand wat hier toor


ons vat weer die pad opsoek na die mees bekendste kroeg in hierdie wêreld , en nie ver buite Barrydale ry ons dit raak


ons stop vir 'n yskoue verversings want om net verby te ry is nie 'n opsie die legende beweer dat Ronnie 'n padstal wou open en in groot rooi verf Ronnies Shop geverf het , sy stout vriend het toe die res bygelas Ronnie se goeie sin vir humor los dit toe so, en die padstal ontaard in 'n welbekende restaurant en kroeg.


op die sy van die gebou is daar 'n verwysing na 'n pompstasie wat hopelik verwys na 'n vulstasie maar met die humor hier kan mens nie help om dit dubbelsinnig te sien



Na ons koue verversings vat ons die pad opsoek na ons eerste nag se rusplek, nie ver in die pad af draai ons regs op aanduiding van die padteken



Ons ontdek 'n heerlike kampplek met warm en koue swembaddens, hulle het lekker kampe met groen grasperke onder koelte bome, die plaas het ongelukkig asbes waterpype en die trokkie kan nie vrylik rondbeweeg nie want sy gewig sal dit kraak, nie te min kry ons 'n kampplek reg teen die swembaddens teen R580 vir die nag.



in die hitte laat ons nie op ons wag nie en voor ons afslaan hardloop ons al vir die swembaddens


daar is een koue en twee warm baddens in die hitte vermy ons eers die warm swembaddens wel die van ons wat nie gek is nie


na die lekker afkoel slaan ons kamp op en verken die historiese plaas so bietjie. Die hoof huis was in 1907 in die Victoriaanse styl gebou Die warm baddens word gevoer van die warm mineraal water spruit wat ongeveer 42 grade celsius is. Dit is definitief 'n moet vir ons winter kamp lys. Ons kry so 'n paar besoekers en kuier lekker geseling. Die eerste is baie aantreklike kêrel wat by ons kom pronk.


en definitief die hoogte punt van ons kuier hier, was 'n besoek van oom Eben Le Grange. Oom Eben se ouers was die voormalige eienaars van die plaas, en as hy hom tuis maak om jou vuurtjie om sy stories te vertel vat hy jou terug na die goeie ou dae. Hy vertel toe sy oupa nog die water herlei het om die graan meul te dryf, want voor dit 'n ontspannings oord geword het, was dit 'n Graan plaas en na die aardbewings in 1969 het die water al swakker gevloei en moes oom Eben later jare gedeeltes van die plaas afstaan en boer hy vandag met uie en wortels wat min water gebruik op die aangrensende grond. Die volgend oggend vroeg sien ons kans vir die warm baddens wat 'n heerlike lafenis, met een laaste wandel deur die paradys pak ons op


Ons vat weer die pad in die rigting van Ladysmith op soek na nog avonture...



 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page