top of page
Search

Roodeberg

  • Writer: leonie
    leonie
  • Oct 13, 2019
  • 3 min read

Dis Vrydag middag en net soos die son oor die berge wil sak, draai ons Trokkie se wiele regs na Roodeberg in Ceres

Ons is genooi na die CSMX Enduro Races by Roodeberg deur die Eddy2Race span, die aksie is eers Saterdag maar Gerrie en Chantal gooi hulle deure oop vir ons al die Vrydag aand.



Ek werk al meer as 'n jaar saam met die Eddy2Race span maar dit is die eerste keer wat ons die aksie buite die kantoor en winkel gaan beleef.


Gerrie en Chantal het uit hulle pad gegaan om als gerieflik en verwelkomend te maak, dit is 'n heerlike plaas waar jy akkommodasie kan boek, en 'n lekker koue biertjie in die kroeg kan geniet om die stof af te skud terwyl die manne die vure hoog aansteek, ons vind 'n lekker plekkie vir ons Trokkie en sluit aan by die ander


By middernag kry ons rus want Saterdag is mos eintlik die groot dag. Van 5 uur af die oggend sit Gerrie al die ketel aan en die dag se bedrywighede begin. Die manne is mos nou in hulle element want op 'n motorfiets is hulle op hulle gelukkigste.


groot en klein staan reg vir die dag se gebeure


die gaste vir die dag begin opdaag en nes dit op 'n plaas hoort word die tafels reg geskuif en die kokke van die dag begin kos maak laat die hele werf na ontbyt ruik en jou neusgate wil jou maag verraai en jou dieet is sommer by die grondpad af, Ek sit 'n stalletjie op met benodigdhede vir die deelnemers vir daai last minute shopping, en FitGen se stalletjie kom langs my met sy produkte wat die manne krag gee vir die dag en hulle krampe na die wedstryd sommer vinnig en natuurlik uitsorteer.



Groot was my verbasing oor wat die dag in my hart aan geroer sou word. Ek het 'n dag vol geraas en stof verwag maar die ongelooflike ondersteuning wat ek beleef het wat die manne vir mekaar gee, die respek en die sielroerende oomblik van vreugde en opgewondenheid. 'n Broer kom al hardlopende teen die bult af om sy ouboet te ondersteun hy hardloop van een punt na die ander om hom aan te moedig langs die baan.


Die manne wat gou by die puts stop en 5 spanmaats wat hom te hulp snel sy motorfiets uitsorteer, sy gesig afvee, en hom re hydrate en bar-one voer om krag te gee vir die volgende rondte, ek dink nie die Australiaanse het eers vir Shane Wats sulke goeie ondersteuning ge gee nie.


Die wyses sit onder die boom en bespiegel en bespreek terwyl hulle met hoop in afwagting sit om hulle Husqvarna familie te sien aankom.


en die belangrikste die ouens wat hulle hart uitry, die deur settings vermoë om in die hitte hulle vernuf te wys oor die klippe, deur rivierlope en oor stompe


hier is ouderdom 'n bysaak want manne kom in alle grotes


die dag was 'n reuse sukses en die grootste verrassing het nog op my gewag, die knop in my keel toe ek die Eddy2Race , Husqvarna manne op die Wen podium sien.


en nie een nie , maar 'n hele paar van hulle


keer op keer



het die blou en wit ons trots laat staan


amper maak dubbel sien


en selfs 'n traan of twee laat pik


vandag was een vir die boeke in die geskiedenis van Eddy@Race


ons pak traag op en verlaat die gasvryheid van Gerrie en Chantal van Zyl


met die groot rustigheid van die plaas huis in ons tru spieëltjie vat ons die pad na die stad maar Roodeberg ons kom weer ons wil nog teen die rivier kom kamp en meer van hierdie plaas ontdek.


 
 
 

Recent Posts

See All

댓글


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page