Putsonderwater
- leonie
- Jul 14, 2023
- 4 min read
Dit is 4 uur die oggend en ek en Wes vat die pad, ons beplan al lankal ons vakansie na Botswana en na 'n mal gejaag en gepak breek die oggend aan , oudergewoonte sit ons Pierre Rossouw se Jamblikke, Visblikke kliphard aan met die wegtrek. Jamblikke, visblikke Visstokke, minirokke Sonbrille, pynpille dis alles in die bakkie, laat die wiele draai Elke dag tot die son gaan sak, tap die sweet om elke uur Sakke sout en 'n bitter pil as verkeer so teen jou skuur Na die gym toe, en die werk toe en dan skool toe moet ons gaan Kosmaak en skoonmaak is deel van ons bestaan Ons hardloop rond, ja ons vat nie grond, te min ure in die dag Jamblikke, visblikke 4x4 ,vistokke, minirokke ,sonbrille pynpille is alles in die bakkie laat die wiele rol
Sommer gou draai ons af van die N1 na Sutherland om die Noord Kaapse se rustiger paaie te ry, wie het nou lus vir jaag op die snelweg as jy deur die Noord Kaap kan betower word,

Na 'n yslike ontbyt by die Sutherland hotel skiet ons vir Williston, dan op die grondpaaie na Brandvlei, en toe weer op 'n teerpad na Kenhardt. Ons kry 'n kamplek agter die Hotel, die mense is vriendelik die Bar geselig maar die trokke ry heelnag deur Kenhardt en dit voel my ons slaap te na aan die hoofstraat om tot rus te kom, Die volgende oggend vroeg pak ons en vat die pad, die eerste afdraai uit Kenhardt is 'n grondpad na Putsonderwater. Ons huiwer nie en vat dadelik die afdraai na regs, dit is al lank 'n droom van my om die eens spog dorpie te besoek, ek lees altyd van swerwers wat hierlangs ry en praat van die mooi wat die plekkie nog bekoor al is dit nou verlate en 'n geraamte van wat dit eens was.
Die spookdorpie Putsonderwater in die Noord-Kaap het nog in 1989 die Duncan-trofee vir die mooiste stasietuin gewen. Maar droogtes het vleishandel in die wiele gery en passasierstreine is ook gestaak. Die polisiestasie, algemene handelaar en hotel het gesluit en mense het geleidelik weggetrek.
Ek soek 'n naambord, 'n pad aanduiding enige bord behalwe die Gps koordinate wat my kan se dat hierdie spookdorpie wel die welbekende Putsonderwater is. op die ou stasie vind ons ditl

Die plek is toegegroei en meestal vervalle , ruite is uitgegooi, en geboue gestroop deels val hulle uitmekaar net die geraamte van die glorie wat dit eers was, maar toe uit die hoek van my oog sien ek 'n sonpaneel en voertuig staan by die ou algemene handelaars gebou, en vra vir Wes om in te draai , so met die intrek slag kom 'n Oom aangestap, ek draai my ruit af, Möre se die Oom ek is Blackie Swart kom drink julle koffie die ketel is al aan. Natuurlik seg ons, bring beskuit se ek vir my man want waneer laas was ek so gasvry genooi vir koffie deur 'n wild vreemdeling.
Oom Blackie het 'n tent opgeslaan in die ou algemene handelaar en die plekkie in 'n ware tuiste omskep, hy skuif vir ons stoele nader en maak 'n heerlike koppie lafenis, "Ek het 3 jaar en 2 maande gelede hier ingetrek", Ek was moeg vir mense en nou ry ek eenkeer 'n maand in dorp toe en kry wat ek nodig het en bly doodgelukig hier op Putsonderwater.

Oom Blackie laat jou gou tuis voel, ons kuier so 'n uur en gesels oor als en nog wat, Oor hoe hy sukkel met die bokke in die area wat sy wille alwyn bly eet, hy het die nou al kwansuis in hoenderdraad toegedraai, Oor sy oorlede vrou wat van Koekenaap se wereld is, Oor sy seun wat nou in New Zeeland woon. Hy is 76 jaar oud en sy beroep was 'n Meganies Ingeneur, Daar vlieg 'n berghaan in by die deur en hy se ja kom Pappa poot hier is beskuit vir jou ook, hy vertel ons van die voël gesin wat by hom intrek geneem het. Hy wys my twee boeke van besoekers wat hier by hom stop , mense wat die dorp kom kyk en dan kom koffie drink, hy se somige kom terug, en kom kuier weer, almal is welkom se hy , hier is baie hout se hy , bring volgende keer 'n vleisie dan braai ons.

Wat 'n ongelooflike belewines om saam oom Blackie te kuier , Putsonderwater het weer 'n permanente inwoner , hy vertel ons van die dorp se geskiedenis, hy het nie daar grootgeword nie maar sy dogter stuur vir hom brokkies oor die dorp wat sy op die internet kry. Na die lekerste kuier moet ons weer padvat en ek vra gou eers uit oor die dorp se kerkie want ek het gehoor die plaaslike boere gebruik hom nog, nee se hy dit is glad nie in gebruik vandat hy hier is nie.
Ons ry in die rigting waar hy beduie die kerk staan en daar op die bultjie soos jy die dorp inkom staan dit, een van die mooiste kerktjies wat ek nog gesien het, Elke venster in plek die gordyntjies hang nog mooi binne, die deur is geslote maar net soos oom Blackie Swart hier op Putsonderwater is die kerk 'n teken van HOOP , Putsonderwater is nie meer 'n spook dorp hy het 'n inwoner en ek hoop dat hierdie kerk weer 'n diens sal hou vir inwoners in die toekoms, Putsonderwater is 'n baken van HOOP dat daar 'n tweede kans is, doen dit vat die afdraai, vat 'n vleisie gaan kamp 'n aand by oom Blackie gaan sit om die vuur en geniet die gasvryheid van ouds , gasvryheid is tasbaar in Putsonderwater.

댓글