top of page
Search

Oudtshoorn

  • Writer: leonie
    leonie
  • Jan 4, 2019
  • 2 min read

Ons ry Ladismith binne en die eerste ding wat my oog vang is Gert se junk stall

Oom Gert het baie interessante dinge in sy winkel maar die skatte wat ek vandag hier vind is 'n pakkie van 100 langspeelplaat naalde vir R10 en my man vind 'n ekstra diep soplepel nes sy ouma sin vir R15. Oom Gert se plekkie is regtig die moeite werd om by te stop en snuffel hier is goed wat ons al van vergeet het.


My tweede stop in hierdie dorp is hulle ongelooflike mooi kerk. Hy toring uit bo alles.


maar Ladismith is nie ons rusplek vir die nag nie en ons sit ons tog voort tot by ...


Ons vind 'n baie lekker kamp plek met 'n swembad, want swem plek is 'n moet in die hitte.


elke kampplek het sy eie ablusie geriewe met 'n kombuisie, en in die ou blok is daar lekker koelte bome, die nuwe deel se koelte is maar min. Hulle het 'n lekker dam vir visvang en die winkel verkoop al die nodige en daar is 'n slaghuis ook.


Ons tweede dag op Oudtshoorn besoek ons die Cango Wildlife Ranch waar ons vreeslik graag nog 'n kat wou aanneem


en een van ons het hulle vleis tande in 'n krokodil burger wegslaan, na ek die outjie ontmoet het, het ek maar gehou by die toasties.


daar was 'n paar nuuskierige outjies


en 'n flambojante flamink


groot en klein het krom pronk


maar vir my was die mooiste maar die katte


veral as hulle soos diesel lorries purr


net voor ons groet sien ons die oulikste bobbejaantjies


ons kon hulle nie weerstaan en bring hulle saam huistoe. Die na middag word heeltyd in die swembad spandeer want regtig Oudtshoorn is warm!!! Die volgende oggend besluit ons, ons moet af see toe beweeg want die binneland kook, maar nie voor ons die ongelooflike Cango Grotte besoek nie. Ons is natuurlik te vol gê eet van die krokodil burger so moet die Heritage toer doen want van die ander gangetjies is te nou.



dit was my eerste besoek en my mond hang oop


die toergids is baie interessant en vol inligting


ek het verseker nie sulke groot grotte verwag nie en kan nie glo ek is al in my veertigs en dis my eerste besoek nie.


ek sal beslis weer kom as ek hier verby ry


die voorstelling van die boek van die lewe en die engel vlerk in die grot van "good and evil" was vir my net weer 'n teken van God se handewerk in alles


ons groet Oudtshoorn maar voor ons die pad vat na die kus kry ons mede avontuurlustiges wat baie meer gewaag is as ons die vier toer met hulle bagasie en die wind waai deur hulle hare ooo toe draai ek my ruit af om die wind in my hare te voel want dit lyk so lekker


ons vat die pad see toe...

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page