top of page
Search

Noordhoek

  • Writer: leonie
    leonie
  • Aug 3, 2021
  • 3 min read

Vriende het ons die naweek genooi na Noordhoek, hulle het 'n vakansie huis daar gewen vir die naweek,

Die dorpie is nie ver van ons, met Baden Powel deur Muizenberg en Fishoek , is ons gou gou daar op 'n Vrydag middag na werk, maar sodra jy Noordhoek inry , sit jy die stad agter jou, hierdie dorpie is 'n fees vir die oog met al sy ongelooflike natuur ryke areas.

Ons boek in by Kinghorns Gardens Noordhoek



die naambord het nie leuns vertel nie, dit is 'n volwaardige luukse ontspannings oord, ek dink die mees treffendse van die huis was die feit dat hy een met die natuur saam smelt, ek sou graag wil gaan opsoek wie die argitek was want dit voel werklik of die huis daar hoort tussen al die mooie fynbos en proteas so eie aan die area teen die berg.


Die luuksheid binne en buite is genoeg om konings te onthaal, die versamenstukke van delft en die luukse meubelment maak dit 'n ontspannings oord wat defnitief 'n bietjie uitstaan bo die res.






Dis vrydag aand en ons steek 'n lekker vuurtjie aan want ons sal moet braai




Daar is verskeie braai areas op die luukse plot, ons besluit om naby die huis in die weber ons vuur aan te steek , met die son wat agter die berg sak kuier ons gesselig die donker nag in, niks kom by goeie geselskap 'n lekker kaapse wyntjie en lekker braai nie. Vroeg saterdag oggend sluip ek die huis uit want die woning het 'n ongelooflike buite klip stort, met 'n uitsig wat tot op Noordhoek strand strek, ek laat nie die geleentheid verby gaan om hom uit te toets nie


Na 'n verfrissende stort besluit ek om die area te voet te verken , die bekoring van Noordhoek op 'n saterdag oggend is 'n mengelmoes van grondpaaie met hasies , perde wat wei in groen grasvelde , 'n hele paar fietsryers wat kans sien vir Chapmans peak en die bekoorlikste village centre , wat jou daai klein dorpie gevoel gee met goeie koffie




met my bene lekker styf gestap want ek wou bult uit tot by die begin van chapmanspeak vir die uitsig keer ek terug na die woning, almal is nou al wakker en die orige braaivleis maak 'n heerlike ontbyt saam met sjampanje en lemoensap. Dit sit jou sommer in die bui om langs die swembad te ontspan met 'n lekker tydskrif , 'n glasie wyn en goeie sjokolade


die oggend word lui lekker weg gekuier en 'n heerlike wandel deur die tuine van die woning lewer die ongelooflikste natuur op, dit voel of my oe verjaar




Daar is drie verskriklike mooi vroue beelde op die eiendom wat net meer bydrae by die magic van die plek , Marelize het hulle gedoop:


Nthabiseng wat beteken wees gelukkig saam met my



Thembi wat vertrouenswaardig beteken en geloof

Mpho wat geskenk beteken


Die drie vroue dra defnitief by tot die gevoel van die gastehuis hier op 'n sukkie aarde wat soos hemel voel. Ons gaste het hulle self oortref met hulle gasvryheid en onthaal Christie het tot 'n koek gebak want Marelize het mos in die week verjaar


Ons vat die pad huistoe sondag , half traag want ons wil nog nie die lekkerte van die naweek agterlaat nie, Noordhoek is 'n juweel wegesteek tussen hoe bome en die natuurskoon , as jy gaan weet net 'n dag is nie genoeg maak 'n naweek daarvan



 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page