Mountain Breeze Kampeerplek
- leonie
- Oct 14, 2018
- 2 min read

Ons word vroeg Saterdag oggend wakker en besluit net daar en dan ons gaan nie die naweek by die huis spandeer nie ons nodig 'n vinnige wegbreek in die natuur om asem te skep.
Na 'n bietjie rondkrap op google vir iets lekker naby kom ons af op die Mountain Breeze Caravan Park in Stellenbosh die plekkie tiek al die nodige boksies vir ons, daar is 'n swemplek, dis naby, en dit lyk of dit lekker tussen bome is. Ons pak vinnig die nodige in die trokkie en is sommer binne 45 min by ons bestemming. Ons is vier en ons trokkie en die oornag staanplek kos ons R440.
Wat 'n fees vir die oog is die dennewoud waarin die kampeerplek gelee is

die meisies ontdek dadelik die watergat

en ek en pappa gaan vir 'n heerlike wandel in die ongelooflike dennewoud om ons

dit is volop van eekhorings, hulle skarel in elke boom en oudergewoonte lok wesley die enigste kat te sien in myle nader.

Die meisies het besluit ons moet 'n fotoshoot doen in die woud want dit lyk omtrent soos iets uit twillight (niemand weet hoe tieners se koppe werk nie en dis net weer eens bewys toe hulle aandrokke uit hulle toksakke haal wat vir kamp gepak is)


As jy al ooit van 'n woud troue gedroom het , is dit 'n besteming om te oorweeg. Hierdie is een van daai plekke waar jy op jou rug gaan le en opkyk en die mooiste dag drome droom in die koelte van 'n baie ou denneboom. Die wolkies talm bo in die lug, en in die nag kan jy die mooiste sterre sien skitter deur daardie bome en jy voel die saligheid oor jou toesak en jy kan nie anders as om dankbaar te wees vir als wat mooi is in jou lewe nie.
Die skemer kom loer in en ons maak 'n heerlike kampvuurtjie

wat is dan nou lekkerder is goeie geselskap en 'n lekker vuurtjie wat brand

Ons sal defnitief weer terugkeer na die kamp dit was presies wat ons gesoek het vir 'n vinnige wegbreek en wie sou nou kon dink dat reg langs die R44 le daar so 'n paradys wat wag om verken te word.
stunning love the truck