top of page
Search

Botswana

  • Writer: leonie
    leonie
  • Jul 19, 2023
  • 4 min read

3 Lande, 6665 km oor 22 dae maar dit voel of tyd stil staan


My paspoort het deur Covid begin voel soos 'n wit olifant, en uiteindelik haal ek hom weer uit die kluis en kry hy nut



Ons ry oor die grens van Botswanna en is opgewonde om saam met die groep aan te sluit ons is baie bevooreg om saam min of meer die selfde groep Botswana te verken wat ons in 2017 Namibie verken het. Ons ry deur Werda en slaap agter die Engen in 'n netjiese en praktiese kamplek in Kang , om net vroeg weer te vetrek na Ghanzi om die nodige aan te vul, ons steek nie die landsgrens oor met vleis en vars produkte deels omdat dit afgeneem kan word en deels omdat deel van die ondervinding is om die plaaslike kosse te probeer. Ons word aanbeveel na Ghanzi slaghuis en stock lekker op met Lamb sosaties en Steak. Ons is die eerste om te ariveer by Symphonia Guest House en Lodge , vandag sluit Casper en Candice van @Dusty Road Sa by ons aan, ( ons is baie bevooreg om Dusty Roads ondervinding op die toer te he hulle is baie verkend met toere in Afrika lande en Casper se kennis van die veld en diere is altyd 'n fees om te beleef) en Vicky en Jacques uit die Noord Kaap, Dit is 'n lekker groep mense en ons kuier ons eerste aand in weelde met die netjiese kampterein by @Symphonia Guesthouse want more gaan ons die Sentrale Kahlahari in en dan is dit longdrops en bucket showers
























ons probeer natuurlik die plaaslike bier want Botswana is nie so koud soos dit nou in Kaap is nie


Die volgende oggend vetrek ons na die Sentrale Kalahari Game Reserve waar ons vir 2 nagte tussen die wild gaan woon met geen grense , met die afdraai op die grondpad stop 'n voertuig ons die man vertel ons hulle het die vorige aand by die watergat gestaan en diere kyk toe 'n leeu uit nerens sy tyre op sy voertuig aanval en stukkend byt, hy moes wag tot dit lig raak en veilig is om die tyre te vervang so hulle het maar net daar by die watergat geslaap, nou weet ons al hier is leeus die opwindenheid groei, orals in die pad kan jy die bewyse sien van die grootvoete ook, mense beweer as jy die olifant poo aan jou smeer sal die diere jou nie aanval en dit help vir muskiete, maar ek glo nie sulke drastiese stappe sal nodig wees nie,

Ons kamp is primitief maar bekoorlik



Ons ry redelik rond in die dag en maak groot vure in die nag , as dit te donker raak kuier ek lekker saam uit die dak tent waar ek nie voel of ek aandete gaan raak nie en ons sien 'n paar olifante, bokke, pragtige voels en suicide squirels wat oor die pad hardloop maar die groot katte ontduik ons nog











Ons beweeg aan na Maun en slaap die nag in Sitatunga Kampeerterein, dit voel weer soos weelde met 'n lekker swembad en restaurant en almal kan ordentlik hare was en weer reg maak vir die volgende paar dae in die wild



Verfris met skoonwasgoed en yskaste gestock vat ons die pad na Khwai , Ons is ingeboek by die Hippo Pools vir twee nagte die grondpaaie is nie sleg nie en daar is heelwat olifante en kameelperde wat die pad oorsteek op Khwai, die opgewondenheid raak weer groot want jy kan sien hier is diere in oorvloed en ons het nog so baie wat ons wil sien

Hippo Pools is 'n paradys, die diens is fantasties die kamplek op die rivier wat vol Hippo's is reg hier buite jou tent en die area loop oor van die diere










Candice en Wesley is braaf genoeg vir 'n Mokoro rit in die rivier tussen die Hippos's en Krokedille





Doctor is hulle gids en hy ken al die Hippos se temprament hulle hoef net een keer die rivier te verlaat en om die Hippos stap met die boot om weer veilig verder te reis. Nog steeds het ons geen katte gesien maar dit is tyd om die Hippo Pools te verlaat , Ons het gehoop ons sou die groot katte sien veral toe die migrasie van buffels verby kom maar nog ontduik hulle ons.

Ons ry deur die Chobe nationale park na ons volgende blyplek in Kasane, die sand raak dik, en die grondpaaie slegter, maar uitendelik kan die manne bietjie hulle 4x4 voertuie toets, terwyl ons die mooiste diere sien









en daar agter 'n groot boom vind ons nie een nie, nie twee nie maar 'n klomp leeus, met welpies dik ge eet en rustend in die koelte van die bome , tyd staan stil as jy jou motor afskakel en net die ongelooflike leeus sit en dop hou




(hierdie foto met krediet aan @Vicky Nel)

Ons pad is nog lank na Kasane en ons moet voortbeur, die laaste stuk grond pad is sleg en dit voel soos ure se geskud voor ons die teerpad as lafenis vind, Ek verkies gewoonlik die grondpad maar die slag het selfs ek uitgekyk vir die teer Kasane hier kom ons.

Ons boek in vir 3 nagte by die Kwalape Safari Lodge se kamp plek, soos dit maar soms met die lodges is , is die lodge self pragtig maar die kamp plekke laat veel te wense die ablusies is maar sleg maar bruikbaar, nie te min kan ons van hier af baie avonture geniet want ons is naby die Chobe rivier en amper op die rand van Zimbabwe, ons beplan ons tyd en boek 'n toer op die rivier en 'n gids oor die grens na Zimbabwe want dit is goedkoper om met 'n toerbus oor te ry as jou eie voertuig. Ons meisies het self tyd vir 'n heerlike ontbyt en hot Stone Massage by die Cresta Mowane Lodge in Kasane


Die bootrit op die Chobe rivier is ongelooflik die gids vertel ons hoe die diere eilande toe swem om hulle kleintjies veilig te hou , ek kan nie die sonsodergang in Botswana vasvang nie dit is net te asemrowend mooi







Ons verkeer rustig om die kampvuur en pak rugsakke want more is dit die rit na Zimbabwe en Vic Falls,..












 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page