Klein dorpie ontdekkings . . .
- leonie
- Apr 27, 2021
- 6 min read
Dis 'n lang naweek en ons vat die pad, so gou ons kan draai ons af van die nasionale paaie en skiet die Noord Kaap in, op 'n ondekingsreis en lus vir avontuur. Ons eerste stop vanaand is in Sutherland want ons harte wil by goeie ou vriende in loer en ons siel verlang die stilte van 'n klein dorpie.
Ons gaan kuier vir Wesley se Ma June , die vrou van staal se deur het nog altyd oop gestaan vir almal en my man kuier al as 'n kind in haar huis van kleins af.
omring deur die soutbosse om haar huis gesels ons lekker die aand in, oor ons mooiste herrineringe en die nuwe uitdagings wat die lewe ons kant toe gooi. Ma June is hartsmense in die meervoud want enkelvoud is te min om haar te beskryf. Ons kuier om oorlede oom Frik se braaitjie, daai een wat hy so slim gebou het dat jy terwyl jy braai onder in 'n ou brooidtjie kon bak.
ons kuier so lekker hier op haar werf , haar stukkie hemel op aarde dat dit nie eers saak maak dat dit bewolk is en ons nie sterre kan kyk nie
ons groet die volgende dag en ry bietjie deur die dorp, klein dorpies bekoor my altyd omdat die mense altyd ekstra moeite maak, ons ontdek die heks se huis
tot die heks se hoendertjies is pik swart
die heks self was nerens in sig, seker besig met 'n konkoksie te maak om die toeriste mee te bekoor, want dit is wat haar huisie doen 'n meesterstuk voorwaar. Hier is baie meer as sterre kyk in Sutherland die dorpie se mense is alledaagse mense, gewone mense wat loop en hout bymekaar maak vir vanag se koue wat kom
maar die gewone mense is kunstenaars in hulle eie reg wat hulle plekke mooi maak om die bietjie toeriste wat deur die dorp kom na die lang droogte tydens Covid na hulle bestaansreg te lok, hulle ontvang jou vriendelik en bekoor met hulle klein dorpie harte so ry gerus die stiller paaie 'n slag en ondersteun die eenmansake, die besighede wat se verkope kos op die tafel sit vir die plaaslike mense.
net voor ons die dorp verlaat hoor ek die kerk klok lui en terwyl ons verby die mooi kerkie ry kan ek nie help om te wonder hoeveel gemeentelede daar is en hoe swaer gemoede van droogte en plae op die leeraar se skouers moet rus om hoop te skep vir die dorp, met die mooie kerk in ons truspieel ry ons die dorp uit met vrede in ons hart want net 'n klein dorpie vir 'n mens kan bring die mense leef en haal asem elke dag met dankbaarheid sonder fieterjasies, sonder gejaagdheid net met die wete dat more sorg vir more uit genade.
Ons vat die grondpad 'n slag, die pad na Merweville so lank al belowe ons ons self om die dorpie te besoek en nou dat die dag op ons is borrel die opgewondenheid oor, ek is so verbaas met die klowe tussen Sutherland en Merweville mens glo altyd die wereld is droog en plat hier, maar so word jy maklik op jou neus gewys, ons ry deur 'n pas en af teen die berg met klowe links en regs
ons ry vir kilometers aaneen deur hek na hek
my man is baie tevrede want hier en daar is dit selfs nodig om die 4x4 aantesit, so langs die stofpad tussen 'n hele klomp niks duik daar 'n huisie op
en ek kan nie help om te wonder wie bly daar? Waaroor droom hulle as hulle die kerse aansteek waneer die donker sak? Hoe lewe hulle? Wat eet hulle? Waar kry hulle drink en bad water en as die koue toesak het hulle darem iemand om hulle warm te hou? Is hulle dol gelukig en weet dalk nie eers dat die wereld deur 'n pandemie gaan nie want hulle was net te lank laas in die dorp. Sit hulle saans op hulle stoep en drink 'n koppie koffie en voel die dankbaarheid toesak oor hulle omdat hulle beker oorloop van die geluk hier in die mooiste plek op aarde in die stilte van die mooi in die lewe? Na so 85km wat so 'n drie uur rit is met die pas en 4x4 uitdagings bereik ons, ons besteming.
die eerste ding wat jy sien in die dorp is die ongelooflike asemrowende kerk
woorde kan dit nie beskryf nie, ons was te laat om die diens by te woon maar sal verseker 'n volgende keer betyds wees, die kerk van klip in sy enorme grote is 'n moet sien, 'n moet beleef
ons boek in by Die Springbok lodge en skemer wil wil op ons toesak, ons het die week se episode van Die Boekklub gehou om in Merweville te kom kyk , na ons dit gekyk het loop ons deur die strate van Merweville en dit voel vir my of Lourens enige oomblik aangery gaan kom op sy fiets oor die laagwater brug, ons verkyk ons weereens aan die mooi en kreatiewe plekke in die dorp. Dit verbaas my elke keer hoe kunstig klein dorpie mense is hulle doen net daai ekstra mooite om hulle plekkies bekoorlik te maak.
die dorpie is vol pittige plekkies om fotos te neem
en die oulikste se goed
soos enige dorpie is daar vervalle huisies wat lekker foto geleenthede maak
ons kuier lekker die aand saam met die ande gaste in die bouma om 'n vuurtjie en ja amper almal daar is in Merweville omdat hulle Die Boekklub gekyk het want soos ons was hulle onbewus van die dorpie se bestaan voor dit. Ek word 5 uur die volgende oggend wakker amper so asof my hart vir my kop se: hier is nie tyd vir slaap jy is in in Merweville, terwyl Wesley en Megan nog lekker slaap gaan snuffel ek in Die Springbok lodge se mini biblioteek rond.
hierdie boekrak het my asem weg geslaan, die hoeveelheid bybels of bijbels in afrikaans, hollands en hebreeuws is asemrowend, ek kan nie help om die drukdatums te soek in elkeen , die aantekeninge gemaak deur hulle vorige eienaars te lees nie, te wonder hoe het hulle hier beland en hoekom is hulle nie nog in die besit van die nasate van die oorspronklike eienaars nie, die een het aan Bessie Theron behoort sy het dit ontvang in 1899
daar is een gedruk in die 1800 waarin oom swanepoel in 1846 sy familieboom uitle voor in die bybel
Oom Swanepoel skryf voor in sy bybel Johannes 19 vers 22 neer:
Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.
Dit was die oom se behoud, sy asemhaal waar hy dalk geboer het op sy plaas, sy raad waarmee hy sy kinders groot gemaak het en sy standvastigheid tydens sy lewe. So sit ek nederig vasgevang in die verlede in stille van die vroee oggend ure blaai ek bybel vir bybel sommiges met krullerige vark ore , ander mooi en glad
ek ondek gebundelde uitgawes van Die Kerkbbodes van 1969 en aan , dit voer my terug na denkwyses van ons voorvaarders die amper te streng formele voorse artikels aan die afrikaner volk, die pittigste advertensies en die geel blaaie van onthou hoe ver ons gegroei het as 'n nasie en 'n volk
dis dagbreek en die vriendelike gasvryheid van die mense van die lodge is in oorvloed op die ontbyttafel, die bakbrood saam ontbyt proe soos my ouma se brood, ons is traag om om op te pak maar gaan verseker terug kom vir nog 'n besoek dit is een van daai dorpies wat voel soos huis, jou ma se huis waar jy sommer in die yskas krap vir iets om te eet sonder om te vra. Die dorpie se kerk trek swaar dis die tweede jaar wat hulle Gedenkfees uitgestel moes word weens Covid , dit is hulle grootste fondsinsameling, hulle het 'n aanlyn veiling vir kunswerke besoek dit gerus en ondersteun dit aseblief, sodat ons weer kan gaan en Merweville se kerk nie 'n ruinne van sy glorie vandag word nie, sodat die dorp die leraar kan behou gaan besoek die link en koop vir jou 'n mooi kunswerk: https://www.facebook.com/ngkerkmerweville/
Ons vat die pad terug na die N1 , dit spoeg ons reg oor Prince Albert uit en ons moet gou eers 'n draai ry daar
ons vul ons padkos aan en vat die pad huistoe ons harte vol dankbaarheid en so 'n titsel heimwee oor wat die lewe eintlik behoort te wees anders as die gejaag in die stadslewe, ons gaan nie weer so lank wag nie ons hoop ons bakkie se wiele kan gou weer oor die grondpaaie van die Noord Kaap ry opsoek na avontuur.
Comments