Karrietjie mense
- leonie
- Jul 15, 2023
- 5 min read
Updated: Jul 16, 2023
Ek dink Karrietjiemense het my aandag getrek nadat ek 'n verhaal gelees het oor 'n jong meisie wat op so 'n karrietjie groot geword het en haar grootste wens was 'n koekie seep , waslap en sanitere doekies soos sy gesien het haar niggies het met die skaars geleentheid wat hulle dorp langs was saam haar ouers.
Wikepidia verduidelik karrietjiemense as volg
Die karretjiemense is werk- en voedselsoekende swerwers in die Karoo van Suid-Afrika. Hierdie nomade vorm gewoolik die spanne skaapskeerders wat tussen die plase rondtrek.
Hulle swerf rond oor ‘n wyduitgestrekte gebied: Colesberg, Victoria-Wes, Beaufort-Wes, Carnarvon, Noupoort, Prieska, Cradock, Hanover, Loxton, Middelburg, Richmond, Steynsburg. Hierdie mense besit geen grond nie, maar speel wel ‘n vername rol in die boerderygemeenskap, hoofsaaklik as bedrewe skeerders van die merinoskape en spanners en herstellers van plaasheinings. As hulle sulke stukwerk kan vind, werk hulle lang ure.
Maar andersins is hulle werkloos en swerwend. Dan beweeg hulle in familiegroepe met hul verslete donkiekarretjies al langs die afgeleë grondpaaie en bou hul tydelike oornagskuilings tussen die pad en die plaasheining (die stuk grond by die karretjiemense bekend as die "gang" of "langplaas"). Hierdie primitiewe huisies bestaan uit ou sinkplate, planke, goiingsakke en plastiek. Vuurmaakhout versamel hulle in die veld, water word gehaal uit ‘n nabygeleë plaasdam en vleis word geëet as daarin geslaag is om ‘n rooikat of iets dergliks te vang. Hulle leef onder haglike omstandighede, vorm ‘n landelike onderstand in die samelewing en is van die armste mense in Suid-Afrika.
Met Putsonderwater se stof in ons truspieeltjie sit ons die pad voort deur die Noord Kaap op pad na ons Avontuur in Botswana, Ons hou steeds by die die stil stofpaaidtjies en ry deur Groblershoop waar ek vir ons nog 'n warm fleecie by die plaaslike PEP koop want die nagte raak koud, Ek knoop 'n geselsie aan met Martie agter die toonbank, sy is hier gebore en getoee, en was al in die groot dorp Pretoria vir werk toe sy 'n jong meisie was maar toe loop raak haar ouma siek en sy moet huistoe kom om te kom help, sy is nou al 'n opgewase vrou met kinders van haar eie en Groblershoop is mos die beste plek om kinders groot te maak want hier is nie so baie kwaad soos in die groot dorp nie.
Ons ry deur Postmasburg en skiet op na Olifantshoek my man sè laat ons bene rek, oudergewoonte bly een van ons agter by die die bakkie terwyl die ander 'n draai loop. Vir die soveelste maal op ons rit kom staan 'n jong kind bak hand en bedel. Ek gee vir hom 'n appel om te eet, nie geld nie , nooit geld nie want jy wil nie onwetend 'n probleem voed nie. Dit sit my weer aan die dink oor die groot nood in ons land , werkloosheid en al die dinge, net daar besluit ek op ons volgende road trip ry ek 'n paar plastic emmers, lappe en sponse saam met 'n paar bottels sunlight liquid sodat ek dit kan uitdeel en die kinders leer om eerder te vra of hulle jou ruite kan was vir R5.
Ons trek weer weg net daar op die rand van die dorp Olifantshoek sien ek hulle staan, Vyf pragtige kinders by 'n perde kar, jy kan sien al hulle besittings is onder die bankie van die karrietjie in tasse, ek vra vir Wesley om af te trek en stap nader en stel myself voor. Hulle is skugter en die langste een antwoord so hier en daar van my vra, Hulle wil nie eintlik hulle name vir my gee nie praat so half om die vraag. Hulle ouers is in die dorp in en hulle pas die karrietjie op als wat hulle besit is daarop, Ek vra so paar vrae en verneem hulle woon so in die veld en dit is vir hulle vreeslik lekker in die somer om so onder die sterre te slaap maar in die windter bondeltjie le hulle mekaar maar warm. Gaan julle skool vra ek? Die stilte is antwoord genoeg, Ek vra of ek 'n kiekie mag neem hulle is onseker seker bang ek is die tannie van die goverment wat hulle wil wegneem by hul ma hulle. Ek paai met kitkats en die glimlagies begin wys.Ek kry my kiekie en vriendeliker groet as hallo toe ek hulle so in die truspieeltjie kyk val my oog op al die goed op ons bakkie se aftersitplek, Al die noodsaaklikhede vir 'n 2 weke trip in Botswana waarsonder ons nie klaar kom nie, en dit is net die helfte want die camper op die bakkie het nog 'n yskas vol kos en kratte vol droe voorsienings. Ek sal seker nooit werklik verstaan wat dit moet wees om groot te word as 'n karrietjiemens nie, die lewe op die pad moet hard wees maar seker ook leker, veral in die somer onder die sterre of naby 'n lekker plaasdam om in te swem. Wat ek wel weet is dat as kind mis jy nie wat jy nie ken nie,

Ek het doodgelukig kaalvoet op 'n kleinhoewe groot geword en eers toe ons groot skool toe is in die dorp het ek besef dorpskinders is anders, goed soos die maak van jou tekkies maak saak waar jy jou jeans koop bleikbaar ook, In die agtergrond begin speel Karen Zoid se liedtjie As musiek begin speel
As Musiek Begin Speel Lyrics
Hulle sê ons moet glo
Net soos die kinders
So is hierdie lewe dan net vir beginners?
Seuntjies word manne
En gaan sit dan in ′n kroeg
En lyk moeg
My seun, jy moet luister as ek vir jou sê
Jy gaan eendag moet veg
Met als wat jy het
Soms gaan jy voel
Wat is die doel
Genoeg is genoeg
Ek wil hê jy moet saam sing
As musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
Hardloop in die see in met jou jeans aan
Kyk uit vir 'n meermin
En deel in gesprekke oor al die mooi plekke
Langs die kus
Bly bewus van jouself
En as jy ooit voel
Die lewe is net een groot gesuffer
Reik jou hande uit en help ′n ander
Met minder as jy
Gaan maak iemand bly
Want dan sal jy
Altyd kan saam sing
As die musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
Langs die pad, my skat
Ek sing sommer kliphard saam met die wete dat die kaalvoet plaasmeisie dankbaar is vandag , dankbaar vir die ongelooflike man langs haar , dankbaar vir my ongelooflike meisiekind en dankbaar die meeste dat ek vandag weet dit is lekerder om te gee as om te kry, en ek kyk uit vir 'n reenboog ek weet ek sal hom sien op hierdie avontuur so ry ons nader aan die Mc Carthy Border Post om die land van mooi diere en geen heinings te besoek.
Comments