Kamp is amper soos asemhaal
- leonie
- Feb 23, 2021
- 2 min read
Tydens hierdie Pandemie het so baie verander en ook so min. My man verjaar en ek kon aan niks lekkerder dink as om te gaan kamp ons spreek af met 'n paar mede kampers besluit op 'n rivier kamp in Bonnievale by Riggton River Farm , pak als wat nodig is, gryp als wat kan dryf want dis somer en ons gaan rivier swem. Vrydag middag rol die wiele van die bakkie oor die Sir lowry's pas en almal is baie opgewonde. Na so 'n bietjie teespoed met 'n pap wiel en 'n paar stop en go's draai ons af van die N2 die natuurskoon van die Overberg area is ongelooflik. Dit vat ons so 3 ure om ons besteming te bereik maar almal is nog opgewonde want kamp gaan ons kamp.

Die saligheid daal oor ons toe, toe ons op die groen grasperk onder die reuse koeltebome langs die Berg rivier kamp opslaan.

Elke kamp het mos sy eie atmosfeer die toon van die naweek was vir my romanties, ek weet nie of dit die gans familie of die bure se liefdesliedtjies in die agtergrond of die manier wat die natuur my man ontspan en laf maak vir swem en boot ry so anders as ons gewone ek is te besig lewe maar ek kon nie help om deur die naweek te sweef in 'n lugkasteel van die lewe is goed en ek is dankbaar daarvoor nie.

'n Mens moet Bonnievale se kaasfabriek besoek want ek het lanklaas so goedkoop betaal vir heerlike suiwel produkte, terwyl die vrouens dorp invaar toets die manne Jan se tuisgemaakte bier en die stomp moet vuur toe.

die bier gis lekker in die son en kort voor lank is almal af rivier toe

die rivier is vol gras so al het ons vroegoggend dit aangedurf met boogieboards en tjoeps was die bootjies 'n minder grillerige ervaring

en daar was vreeslik lekker baljaar

tot 'n bietjie overloading

en selfs iemand overboard

langs die rivier ontspan ons lekker

en die romanse steek weer kop uit agter elke boom

daar kruip ook die oulikste apies weg

die saterdag gaan amper te vinnig verby want toe ek my oë uitvee toe is almal bed toe en ek luister na stranger in the night op die bure se draadloos onder die sterre met my man wat liggies snork langs my, kom ons se maar dis die vars lug en nie die bier se skuld, vroeg sondag oggend drink ek my koffie in die stilte van die natuur, terwyl pappa gaans voortou neem en uitkyk vir gevaar skrop die kleintjies heerlik op die gras en mamma gans bly heelagter om seker te maak niemand vat die hase pad.

kort voor lank moes ons oppak en ons vat die pad huistoe, en ek kan nie help om te dink kamp is so nodig soos suurstof vir die ligaam om net bietjie af te skakel , ontspan en die natuur te geniet.

留言