Jamaica me crazy
- leonie
- Apr 22, 2019
- 3 min read
Vir die tweede keer in 'n kort tydjie suis die trokkie se wiele weer tussen die padwerke op die N7 deur, so 20km verby citrusdal draai ons af op 'n grond pad, sodra die trokkie se wiele oor die Olifant Rivier gaan skud ons die stof van die stad af.

ons ry die die Niewoudspas in met sy draaitjies en swaaitjies tussen die mooi Sederberge, ons kyk uit vir die bordjie wat aandui waar ons moet afdraai en word heerlik veras met volgende padteken

O ek is sommer dadelik spyt die verkyker is nie ingepak want ek sal wat gee om een te sien. Nietemin ry ons vol hoop voort na ons bestemming, Ons kamp plek by Jamaka is heerlik tussen bome geleë langs 'n rivier en lekker swemgat.

Die trok word afgepak en die vuur aangesteek want hier bly ons vir 'n paar dae. Van ons gaste gaan eers laat aand aankom en sal honger gery wees so ons maak solank 'n lekker braai pie. Die Vrydag oggend is ons voltalig en die kinders hardloop dadelik om te verken. Gou gou kry ons al die nuus van wat ons als moet gaan sien. Na ontbyt skuif ons die stoele af rivier toe en daar word eers ingehaal met geselsies want ons het darem te lank laas saam ons vriende gekuier. Daar word heel hoendertjie gerooster en aartappelslaai gemaak, koue bier gedrink en lekker gelag. Ons besluit om vroeg die volgende oggend 'n stap roete aan te pak.

net voor 7 die oggend met die maanlig in ons hare pak ons braaf die roete aan dit is lekker styl teen die berg op en plek plek staan ek en wys eers vir almal die mooi uitsig om asem te skep. Die wandelpad styg hoog bo oor die kamp uit en raak nou maar ons is braaf en beur voort

daar is orals wit pyltjies geverf om jou op koers te hou

hoog bo in die berg en dan weer af in 'n droë rivier loop neem die roete jou en net voor die son te warm word spoeg hy ons uit teen die rivier, welig groen en verfrissend. Ons kry vars spore van die vorige nag se rivier sages, 'n bokkie se spoor gevolg deur 'n kat spoor, ek wonder of die bokkie vinnig genoeg was en of die groot kat nou lekker met 'n vol maag lê en slaap ons steek die rivier oor en is terug in die kamp plek

ons loop verby die winkel oorkant een van die swemgate hulle bied heerlike cappuccino's, eet goed en selfs kroeg geriewe vir later die dag.

terug by ons kamp word groot ontbyt gemaak want so 'n stappery maak mens honger.
Die res van die dag word lui lekker in die rivier spandeer.

Dis die oggend van die tweede laaste dag en Jamaka het nog so baie om te offer ons ontmoet vir James en sy getroue donkies, hy het nege donkies maar die vier wat hom vandag help sy brood en botter verdien se name is Jacob, Vos, Robert en Flink maar soos ou James se:"Hy het die donkie oor gekoop by ander mense en hy weet nie hoekom hulle hom dan nou so gedoop het nie want hy is glad nie soos sy naam se nie"
Die donkies wissel tussen 9 en 15 jaar oud en hulle loop gedwee die stof paadjie op en af tussen die kampeerplekke vir R10 per rit. Ou James is goed vir sy donkies en laat nooit die sweep op hulle val nie, slegs langs hulle in die stof vir so bietjie aansporing.

Die kinders kom haal my want ons moet gaan zip line, met my kamera in die hand is ek agterna, die ry is lank van oud en jonk vreeslik opgewonde om hulle self oor die rivier te laat sweef en plonks in te val.

die dag was vol opwinding en donkerte sak toe ons sit salig om 'n kampvuur met seer lywe van donkie kar ry en zip lining in die rivier, maar salige harte oor die lekker avontuur. Op ons laaste dag waai die wind ons vroeg in die huis se rigting ons kry nie kans om Vivienne se dienste te toets nie, ai so 'n deep tissue massage sou lekker gewees het na die zip line avontuur.

ons maak 'n laaste draai by ontvangs om heerlike soet mango's, tuisgemaakte atjar en lekker craft biere te koop om saam te neem huistoe

ons het nog 'n ongelooflike naweek agter die rug

die naweek se natuur het weer diep spore in ons hart kom trap vir ons mooi land en al die plekke om nog te ontdek , sulke mooi spore soos die donkies in die sand laat

Comments