top of page
Search

Isuzu NPS300 4X4 Kampeertrok

  • Writer: leonie
    leonie
  • Oct 21, 2018
  • 1 min read

Na 'n paar navrae vertel ek julle bietjie meer van die ins en outs van ons trokkie.


Die trokkie het twee diesel tenke wat 'n totaal van 200liter diesel hou. Hy het ook 'n 200 liter water tank en n gas geyser en inverter gekoppel aan 4 baterye wat herlaai word deur drie sonpanele op die dak.


Hy het 'n spaar wiel agterop en 'n winch vooraan.


Hy het 'n baie lekker awning aan sy sy en 'n seil wat inskuif aan die kant onder om die wind uit te hou. Albei sykante het pakplek vir kamptoerusting. Hy het bokse aan die buitekant wat gasbottels, batterye en 'n waterpomp huisves.


Die trok is baie gerieflik binne in met 'n gas aangedrewe stort en was bakke, 'n porta potty, gas stoof, queen bed , tafel en bankie, en baie pak plek.



die yskas skuif onder die bed in


sy kombuis het gas plate en 'n microgolfoond en 'n wasbak


sy stort is gerieflik en porta potty privaat agter 'n muurtjie


Die trok ry soos 'n droom met sy ingeboude air suspension en slaap dus ook lekker gelyk.


Ons vat julle binne kort weer op 'n toer in ons mooi land en kyk uit vir ons gratis kamp kos eboek binnekort.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page