top of page
Search

Inverdoorn

  • Writer: leonie
    leonie
  • Dec 20, 2020
  • 3 min read


Ons wiele sing oor die teerpad van Bainskloofpas en ons harte sing want ons gaan vir 'n vinnige wegbreek, toe die pad in stof verander is ons eers opgewonde



seker so 200 km van ons huis af sien ons die indraai


ons het laas vir 'n naweek weg gegaan die laaste naweek voor lockdown in maart, so beman met ons maskers en sanitizer ry ons die hekke in opsoek na ons sanity, Inverdoring is 'n lafenis vir die oog



ons word dadelik verwelkom en rond gewys


die Mitchels Pas het ons bietjie opgehou so ons was net betyds vir die koningsmaal vir midagete, hierdie plek doen als in oorvloed , 'n behoorlike buffet ete wat uit 'n driegang maal bestaan was voorgesit en die kos was heerlik voorberei


met 'n koue drankie in die hand word ons na ete na ons kamer geneem en het ons 'n uur voor ons op 'n begeleide toer gaan om die wild te soek


ons pak af en kry die kameras reg want ons het 'n jaar laas wilde diere gaan kyk die toergids is goed opgelei en ken haar area goed, sy weet agter watter bos om te soek en die drie ure rit was omtrent 'n fees vir die oog


van nuuskierige kameelperde na twee wat staan en skinder


met die son wat stadig sak ry ons dieper die natuur in


om elke hoek en draai sak die saligheid van unieke afrika op ons toe


in die geweste is die katte vinnig en ek kan nie genoeg kry van hulle nie


en dan steek hulle nog vir ons tong uit


maar mooi bly maar mooi


en teesinnig beweeg ons aan ons keer terug na die lodge want dis al amper tyd vir aandete



daar word vuur gemaak in die pits, en vanaand dek hulle om die swembad, weereens word 'n fees bedien van crummed mushrooms vir voorgereg, steak met pepersous vir hoofgereg en caramel klapper tert vir nagereg, ons geniet die res van die aand op ons stoep voor ons huisie met n yskoue bier onder die mooiste sterre, maar 6 uur die volgende oggend moet ons weer regstaan vir koffie en piesangbrood en ons toergids is weer vol kennis paraat met ons die bos in opsoek na avontuur


parmantige kerels stap hier rond


en word ons bekeer oor die mooi hier in die tankwa


die mooiste renosters wil horings wys


en die een probeer agter ons verby sluip terwyl ons olifante kyk


maar groot en klein word opgespoor



en ons beur net al dieper in vir nog


'n paar kom meer as een keer verby


en dan lei ons pad weer na die ongelooflike katte, maar hierdie een het spesiaal vanogend sy hare vir ons uitgekam


hy pronk omtrent vir ons


maar na 'n ruk staan hy op en loop nader en ons besluit om die hase pad te kies


dus die eerste keer wat ek n donker springbokkie sien bleikbaar word hulle eerste gevang omdat hulle camouflage nie so goed is soos die ander nie


vandaar vind ons 'n paar blou wilde beeste wat al vroegogend rus, maar ek moet se dit is nog nie 7.30 in die oggend nie maar dis klaar warm


so paar diere kom show nog af


en voor ons, ons oe kan uitvee is dit amper 10 uur en ontbyt wag, maar ons maak een laaste stop en daar net voor moeder natuur ons vaarwel wens show sy nog eenkeer af met een van my drome wat ek al 'n geruime tyd in die natuur wou beleef, een groot chomp gaap


dit was ongelooflik en net wat my siel nodig gehad het, met ons koppe weer oop en 'n nuwe huppel in ons stap sien ons weer kans vir die stad en sy dinge en ons vat met vrede in ons hart die pad aan huistoe

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page