Hoop, ek wil dit amper fluister...
- leonie
- Apr 22, 2020
- 4 min read

Tydens lock down het ons tyd, iets waaroor ons almal kla ons het te min van, so spandeer ek die tyd deur produktief te wees? Nee ek spandeer dit deur te eet en flieks te kyk , boeke te lees en midernagtelik faceboek te scrole vir die nuutste nuus.
Die eerste week was baie produktief ek het ruite gewas en als met jik afgewas en stadig maar seker het die kommer kom pos vat hier in my murg pype. Nie kommer oor of daar kos op die tafel is nie, maar kommer oor ons land en sy mense want die Vader weet Suid Afrika is uniek en anders.
Dit het begin by Dana Snyman se Dominee Tienie fliek ( 'n moet kyk as jy nog nie het nie) net so 'n lekker ruk jou aan jou skouers fliek om te vra wat doen jy nou eintlik wat saak maak huh!
Toe ontdek ek Lock down liedjies die aand wat Joe Black optree, hy is mos nou 'n sensasie sonder baard SA se eie George Cloony mense gewoonlik sing hy my in 'n nederige siels vroegende Halleluja in met sy diep stem maar het jy hom al hoor praat , praat oor als en nog wat , dit voel vir my of hy altyd praat oor wat regtig saak maak ek kan nie besluit of dit sy nederigheid of sy betowerende stem is wat my so stil maak sit en werklik hoor nie. Hy praat mos toe oor Hoop in al sy kleurige vorme , Hoop vir ons land, ek hoop my kind gaan die wiskunde verstaan, ek hoop almal het iets om te eet vanaand, 'n hoop vol kos moet uitgedeel word. Ek hoop die trok kom veilig by die mense sonder om geroof te word. Ek hoop elkeen van julle kuier leker saam uit julle snoesige sitkamers. Hoop in al sy nederige en eie voedende vorms.
Ek sif deur die FB berigte , ek moet se die moderne ek wat ek is kry my nuus op FB ek probeer verantwoordelik wees en net News 24, Maroelamedia en Business tech artikels te lees, die vorms van media voel nog vir my getrouens waardig. Nou in dan skakel ons in op kanaal 403 , waneer Cyril praat luister ons, ons luister na wat hy sê en na wat hy nie sê, ja soms kyk ek nuus soos my pa gedoen het op die tv dan mag niemand 'n woord praat nie, want ek wil hoor wat Cyril vertel. Dis dan wat die kommer hier in my murg kom posvat, eers was dit oor hoeveel mense gaan siek raak, Here asb moet tog nie dat my familie hierdeur geraak word nie spaar ons tog! Toe is dit die ekonomie, Here! help asb laat daar geld is om almal iets te betaal die einde van die maand. Toe is dit die hongerte, die hongerte van 'n nasie. Here asb ek help waar ek kan ek gee geld ek smeer brooitjies vir die NGO in my dorp dat daar tog net genoeg is vir die wat vannaand bakhand staan. Toe is dit die geweld , dit is mos nou heeltemal buite my gemaklike lewe se verstaan en bestaans raamwerk. My kop sê mos hoekom die trok beroof wat oppad is met kospakkies, en waarom die skool afbrand wat jou kind moet onderig, maar was ek al ooit so desperaat , so honger dat ek weet of ek so sal wees? Is dit hongerte of verveeldheid, onopgevoedheid, dis mos in hulle natuur om af te breek hoor ek 'n stem uit die donkerte van my siel..., Laastens toe kom die vrees oor diktator skap , die vrees dat Ramaphosa nou al jou man se hard gespaarde pensioengeld gaan vat om die hordes van hongersnood te red, die kwaad want hy het hard en lank daarvoor gewerk! Die vrees dat die army wat nou ontplooi is te veel voel soos wat mense Zimbabwe beskryf, te min eie wil, te veel in die belang van die geheel.
Ek wil nou nie soos die ou party van Oom Eugene Terblanche sandsakke voor my ruite pak en reg maak vir oorlog nie, en ek wil asb nie so selfsugtig raak om op tehou gee in die tyd van nood nie, want die Vader weet ons is ver van honger lei in my huis ons kan doen met bietjie minder eet. Ek wil ook nie so swartgalig wees om oor die what if's te sit en tob nie, maar ek besef ek kort 'n bietjie van daai hoop waarvan ou Joe gepraat het, my ma sè stem klink in my ore: " ek kyk op na die berge, waar sal my hoop vandaan kom?", Dit is soos 'n lig wat aangaan toe ek besef my hoop is oral om my, dit is in my dogter se kamer wat tuis onderig ontvang oor haar slimfoon, (want haar onderwysers gee genoeg om ) dit is in my medewerkers wat opkom met slim en inoverende idees om die besigheid te laat voortbestaan, dit is in my bure wat my watsapp om te vra of ek deel wil wees van die of daai projek om kos te maak, te pak en te verdeel onder die met nood, (want hier sit niemand en wag vir die staat om die honger mense te voer nie, hier maak ons plan), my hoop is in die mense om my , Suid Afrika se unieke mense! Dankie Here!
Comments