top of page
Search

Citrusdal

  • Writer: leonie
    leonie
  • Apr 7, 2019
  • 3 min read

Updated: Apr 8, 2019

Dit voel soos 'n ewigheid, maar uiteindelik kon ons 'n wegbreek met ons Trokkie doen. Op 'n besige Vrydag middag vat ons die N7 in die rigting van Citrusdal, ons hou moed deur die padwerke want 'n belofte van 'n salige naweek in die natuur wag op ons. Soos ons die dorp inkom draai ons regs in die hoofstraat weg van die gewoel van mense.

So 24km buite die dorp hang die bordjie van ons bestemming.


Die trokkie se wiele vat die kort grondpad na ons kamp plek. Daar is orals gras staanplekke onder koeltebome en een groot lapa area met badkamers, die stort is ekstra ruim met 'n aantrekhokkie waar jou klere nie natspat. Hierdie plek is gebou vir ontspanning en gerief. Mens kan voel hoe die stilte om jou toesak in die gatjie tussen die berge.


Ons was deur die Swart Skaap Isuzu Klub genooi en al is ons Trokkie gelukkig 'n Isuzu sien ons hulle is nie te streng oor die reël nie want daar was darem 'n Ford, Toyota en 'n Land Cruiser ook by. Die gasvryheid van die eienaars van Die Gatjie Boskamp strek ver oor die grense van diens. As jy en jou groep hier 'n naweek bespreek kan jy jou maar regmaak om nuwe vriende te maak. Buks en sy vrou Linda help die vure lekker hoog aansteek en maak almal gou tuis voel. Die volgende oggend vat hulle ons op 'n begeleide toer die berg in, hiervoor benodig jy nie noodwendig 'n Isuzu nie maar ten minste 'n 4x4 aangedrewe voertuig. Die klip man groet ons in die gatjie.





Die konvooi staan in gelid tot almal se kampe opgeslaan is want vanaand slaap ons diep in die berg.



ons het die voorreg om 'n baie oulike gas saam ons te he: Lilli Pilli sy toer al vir jare deur Afrika met haar Land Cruiser "Toyo" , haar toer het in Duitsland begin in haar tuisdorp en sy het vir "Toyo" in Tanzania gekoop , ons Trokkie vat braaf die pad in dieper in die Sederberg in agter Lilli en "Toyo" aan.



Buks vat ons na ruïnes van ou klip huisies, as ek deur die ou huisie stap en die ou geroeste plaas toerusting sien lê kan ek nie help om te wonder wie hier gebly het nie, Was dit n' jong man wat sy vrou met sterre in sy oê 'n beter lewe belowe het in die ongenaakbare berg, het hulle drome gehad van boegoe plantasies en 'n rustige plaaslewe vir hulle kinders. Waar sou die bloedlyn dan dood geloop het of het die kinders huise op die dorp gaan bou en die ou klip huisie in die berg se drome na stof laat gaan.



Ons klim terug op die pad en Buks gaan wys ons die olifantsvoet plant.


hy kon amper seker ook die skilpaddop plant gedoop gewees het. Ons vat kortpad deur 'n boer se plaas en bo langs die Citrus boorde ontdek ons 'n hoop ou boeke en koerante, dit het erg waterskade maar nie te min voer dit jou terug na tye van lank gelede waar 'n Pak klere R29.95 gekos het.




Die Trokkie dra ons trots oor berge en deur dale en sommige plekke selfs moeras maar ons beur voort in ons konvooi





Ons stop by 'n ou Waaghals wat jare voor ons die tog aangepak het, en die omgewing moontlik net so mooi soos ons gevind het en net daar sy rusplek gevind het. Hy was dekades voor sy tyd 'n regte "jet setter". Linda kyk of dit nie net 'n kick start nodig het nie




Lilli gee dit ook 'n probeerslag


maar ons laat die ou grote met rus en toer voort om kamp op te slaan onder 'n groot ou bloekomboom omring deur die mooiste berge




ons maak 'n groot kampvuur en kuier lekker in die stilte van die natuur. Met sonsopkoms word daar koffie uit blik bekers gedrink stadig , so asof jy met die aksie die tyd kan laat stil staan want niemand wil al terug keer nie.


ons ry kuier, kuier die berg af met 'n heel ander pad as wat ons op is , want Buks ken die berg se paadjies soos die palm van sy hand.

Ons groet almal by die teerpad en ry salig huistoe met ons gedagtes nog hoog in die wolke bo in die Sederberge.



 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


ofline locations

  • facebook
  • twitter
  • linkedin
  • generic-social-link

©2018 by TrokkieTrips. Proudly created with Wix.com

bottom of page