As jy moeg word vir die lewe in die stad...
- leonie
- Oct 7, 2018
- 2 min read
Updated: Oct 8, 2018
Vat ons die wandel pad die langnaweek is in aansig en ons is vreeslik opgewonde om ons eerste avontuur in ons trokkie aan te pak. Ons vat die Weskus pad verby Yzerfontein en Langebaan, anderkant Vredenburg draai ons af op die sinkplaatpad na Trekkoskraal na 'n bietjie geskud kom ons onder teen die see uit ons hou maar links opsoek na die beste plekkie om te kamp. Die sand is los en dik maar die trokkie ken sy trap en dra ons deur na 'n oop witstrand waar ons die naweek in die natuur kan geniet.

Dit is nog nie heeltemal somer nie so die kampers is maar min die naweek , maar dit maak die natuur om jou soveel mooier. Trekkoskraal is nie 'n formele kampplek , dit is net 'n rowwe diamant van 'n kamplek op die Weskus die plaaslike en vele ander mense trek af see toe met hulle 4x4's en karavane daar is kampe wat jy met 'n gewone bakkie of motor ook kan haal as jy nie omgee vir skud op die grondpad nie, maar onthou daar is geen ablusies so as jy nie 'n porta potty besit nie pak maar 'n grafie want hier gaan jy jou eie gaaitjie moet grawe. Die skoonheid van die plek maak op vir die bietjie ongerief en persoonlik voel ek dis deel van die avontuur om soos voortrekers in 'n ossewa oor ons land te trek en nuwe plekkies te ontdek , daar was tog nie ablusieblokke op die drakensberge nie was daar. Nie te min bekoor Trekkoskraal ons met sy ongelooflike sonsondergang

Daar is die ongelooflikse paaidtjies om te loop jy kan koers kies met 'n grondpaaidtjie en die veldblomme gaan beleef of jy kan see langs hou en tussen die see en 'n koppie met 'n klein wandelpaaidtjie wegraak hy spoeg jou uit op die mooiste ongerepste strand waar soms net jou en 'n paar seevoëls se voetspore trap

en

die naweek staan einde se kant toe maar ons batterye is herlaai en ons siel sien weer kans vir alledaagse verpligtinge, skoolgaan, werk toe gaan aanstap rooies die pad raak lank en swaer en die ander is al daar, tot 'n volgende gesteelde oomblik in die wonder van ons wereld...

stunning pics and interesting